Vrou betoog teen aborsie
Me. Sofia Marumo het gister voor die kantore van die ministerie van binnelandse sake en immigrasie teen president Hage Geingob se uitlating betoog dat aborsie gewettig sal moet word.
“Ek staan hier en praat namens die ongebore kind. Niemand het die reg om ’n lewe te neem nie. Die president wil aborsie, wat moord is, wettig, en ek het besluit om daarteen op te staan,” het sy gesê.
Marumo het vyf kinders en elf kleinkinders.
“Ek het my kinders geleer as hulle swanger is, kan hulle die baba na my toe bring. Al is daar nie kos nie, ons sal ’n plan maak. Ons dien die Here en aborsie is moord.
“Ek sal graag wil hoor wat die twee voormalige presidente Sam Nujoma en Hifikepunye Pohamba van dié uitlating dink.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie