Vroeggebore: ‘n Vyfde sterf

Geldtekort eis babas

29 November 2018 | Gesondheid
Henriette Lamprecht – Sowat 300 babas sterf uit die 1 500 wat in die neonatale intensiewesorgeenheid (NICU) van die Windhoek Sentrale Hospitaal opgeneem word.

Volgens die Demografiese Gesondheidsopname van 2013 is die algehele neonatale sterftekoers in Namibië 20 uit 1 000 lewende geboortes, dus 20% teenoor dié van ‘n land soos Brittanje waar die koers 2,5% is.

Dr. Wim de Mey, spesialis verbonde aan die neonatale eenheid by die Sentrale Hospitaal, het egter beklemtoon uit die 1 500 babas wat hier opgeneem word, het 1 200 steeds oorleef.

“Ons slaag daarin om 1 200 babas per jaar lewend te hou,” het hy tydens die vieringe van Wêreldprematuurdag by die NICU in Windhoek gesê.

Dit ondanks ‘n “kritieke tekort aan personeel en pediatriese chirurge” soos volgens ‘n verslag van Neo for Namibia – Helping Babies Survive wat in September vrygestel is. Volgens ‘n ingeligte bron lyk die situasie vir personeel en toerusting “sleg, maar daar is net nie geld nie”.

Dit word beaam deur ‘n ouer wie se vroeggebore babas tans in die NICU behandel word waar die omstandighede volgens hom alles behalwe ideaal is.

“In ‘n stadium was daar 54 babas vir ‘n eenheid wat vir 30 babas bestem is, met een suster wat na tot tien babas moet omsien,” het hy gesê.

Volgens die ouer is hy en sy vrou soggens reeds sesuur by die eenheid om die “dagskof van doeke ruil en melk gee” te vat.

“Die diens is swak en die susters nors en onprofessioneel. Al wat hulle sê, is hulle is te min en die staat het nie geld nie.” Volgens hom hom was daar in ‘n stadium 56 babas wat in die vier intensiewesorgsale-deel van die eenheid gelê het.

“Daar is skaars plek vir die broeikaste en ouers moet nog hier ingaan vir elke drie uur se voeding.”

Met een suster verantwoordelik vir agt tot tien babas, gebeur dit volgens hom dikwels dat die suster “almal terselftertyd” moet hanteer.

“Soms kry hulle nie eens kans om van een baba na die ander hande te was of te ontsmet nie. Hulle is te min en moet maar klaarkom met die bietjie wat hulle het.”

Volgens die ouer is die eenheid ‘n gesondheidsrisiko en is die antwoord op klagtes “die begroting vir volgende jaar is met N$2,7 miljoen gesny”.

“Ek het ses jaar gelede ‘n kind hier verloor, hy was maar ‘n maand en twee weke oud. Ek bid elke dag dat God ons genadig sal wees en ons babas lewend hier uitkom.”

Soortgelyk

 

Afrika-lied kom tuis in Namib

14 ure gelede | Kuns en vermaak

Elvira Hattingh - Die Duits-Namibiese kunstenaar Max Siedentopf het wêreldwyd opslae gemaak met ‘n kunsinstallasie in die Namib wat Toto se bekende liedjie “Africa” oor...

CoW verloor ronde teen baas

14 ure gelede | Regering

Denver Kisting - Die geskorste uitvoerende hoof van die Windhoekse stadsraad (CoW), mnr. Robert Kahimise, het 'n ronde teen sy werkgewer gewen.CoW sal waarskynlik binne...

Sowat 7 000 skeepspassasiers sak op Walvis toe

14 ure gelede | Toerisme

Geskiedenis is gister gemaak toe vier groot passasierskepe in die Walvisbaai-hawe op anker gelê het en sowat 7 000 internasionale reisigers op die hawedorp toegesak...

Herstel internet, toegang tot sosiale media in Zim

14 ure gelede | Plaaslik

Ronelle Rademeyer - Om mense in Zimbabwe die gebruik van internetdienste te ontneem, is ‘n skending van hul menseregte en benadeel die ekonomie.“Ons raam die...

Weer vir 17 Januarie 2019

14 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en bloedig warm in die ||Kharasstreek. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees met enkele donderbuie oor die sentrale,...

Jong Namibiër maak biomediese deurbrake

14 ure gelede | Gesondheid

Denver Kisting - Sy twee jonger sibbe se worsteling as kinders met asma het ’n jong Namibiese ingenieur aangespoor om ’n toestel te ontwerp wat...

Lui-lui telefoon

14 ure gelede | Tegnologie

Telecom Namibia se landlyne in Windhoek was sedert Dinsdag buite werking. Mnr. Oiva Angula, Telecom Namibia se hoof van korporatiewe kommunikaise en openbare skakelwese, het...

Gedenkdiens gehou vir slagoffers van ongeluk

14 ure gelede | Plaaslik

’n Gedenkdiens vir ses van die sewe slagoffers wat onherkenbaar verbrand is tydens die ongeluk op 10 Augustus 2018, is Dinsdag op Otjiwarongo gehou. Die...

Meer as N$2 miljoen se stukkende verkeersligte

14 ure gelede | Regering

Die hoofstad se munisipaliteit het in 2018 meer as N$2 miljoen bestee om stukkende verkeersligte te herstel nadat dit in padongelukke beskadig is.Mnr. Harold Akwenye,...