Vroeu00eb tekens van lente in die ekonomie?
Vroeu00eb tekens van lente in die ekonomie?

Vroeë tekens van lente in die ekonomie?

Die feit dat die minister van energie ’n groot styging in die petrolprys afgeweer het, kan dalk deurslaggewend vir ekonomiese groei wees.
Hanlie Stadler – Augustus was dalk ’n vroeë lente vir winkeliers en die Suid-Afrikaanse ekonomie.

Kleinhandelverkope was in dié maand 2,5% hoër as ’n jaar gelede en is die sterkste sedert Mei.

Die syfers het ekonome verras, wat enigiets tussen ’n daling van 0,1% in verkope en groei van net 0,3% voorspel het.

Verskeie kategorieë het die beste groei aangeteken sedert Maart – die maand voordat belasting op toegevoegde waarde met ’n persentasiepunt verhoog is. Dit sluit in verkope by algemene handelaars, wat 1,7% beter was as ’n jaar gelede.

Die syfers is in reële waarde, wat die uitwerking van prysstygings (dus inflasie) uitsluit.

Volgens Statistieke Suid-Afrika is die beste groei aangeteken in die kategorie vir meubels en huishoudelike toestelle, waarvan die groei met 10,4% gestyg het. Verkope van klere en skoene het met 6% gestyg en van toiletware en medisyne met 3,1%.

Net een kategorie – ysterware, glas en verf – het van jaar tot jaar gedaal, met 2%.

Kevin Lings, hoofekonoom van Stanlib, sê dié “baie beter as verwagte” kleinhandelverkope kom ondanks die styging in die petrolprys.

“Dit sal Suid-Afrika uit die resessie help kom, hoewel die algehele groeikoerse uiters laag bly.”

Annabel Bishop, hoofekonoom van Investec, wys daarop dat hoewel die syfers baie beter as verwag is, is dit nog baie laer as die geskiedkundige gemiddelde van 4,5%.

Ander syfers wat die afgelope ruk uitgereik is, is minder rooskleurig. Die indeks van ekonomiese transaksies vir September en vir die hele derde kwartaal het Mike Schüssler, hoofekonoom van Economists.co.za, juis dié week laat glo die resessie gaan nog ’n derde kwartaal voortsleep.

Bishop sê die September-syfers sal die deurslag gee, maar dit lyk in dié stadium asof kleinhandelverkope ’n positiewe bydrae tot die land se bruto binnelandse produk (BBP) gaan lewer.

Die feit dat Jeff Radebe, minister van energie, in September ’n groot styging in die petrolprys afgeweer het, kan dalk deurslaggewend wees vir ekonomiese groei.

Verbruikers se besteding verteenwoordig nagenoeg 60% van die BBP.

Die Nedbank-ekonome Johannes Khosa en Dennis Dykes stem in hul ontleding saam dat dit lyk asof die resessie beëindig is, maar hulle waarsku: “Kleinhandelverkoopsyfers gaan na verwagting wisselvallig en in die algemeen gedemp bly op kort termyn, onderdruk deur swak huishoudelike geldsake weens die powere arbeidsmark, hoër belastings en die styging van brandstof- en ander pryse.”

Hulle waarsku dat inflasie oor die volgende paar maande gaan styg. Hulle voorsien egter nie dat die Reserwebank vanjaar die rentekoers gaan verhoog nie. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.73 | EUR to NAD 20.38 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.01 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 333.36/OZ UP +0.74% | Copper US$ 4.50/lb UP +1.53% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.66/BBP UP +0.75% | Platinum US$ 913.10/OZ UP +1.21% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.73 | EUR to NAD 20.38 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.01 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 333.36/OZ UP +0.74% | Copper US$ 4.50/lb UP +1.53% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.66/BBP UP +0.75% | Platinum US$ 913.10/OZ UP +1.21%