Vragmotoraanval: Tweede verdagte aangekeer
Swede
Die Sweedse polisie het ‘n tweede verdagte wat verbind word met die dodelike vragmotoraanval in Stockholm vroeër die maand, aangekeer.
Die ongeïdentifiseerde persoon is Sondag in opdrag aan aanklaers in hegtenis geneem, het ‘n polisiewoordvoerder gesê sonder om besonderhede te verskaf.
Vier mense is dood en 15 beseer toe die vragmotor in ‘n skare in ‘n straat gewild vir sy inkopies ingeploeg en in ‘n afdelingswinkel in die middestad van die Sweedse hoofstad vasgejaag het.
Die bestuurder van die vragmotor, Rakhmat Akilov, ‘n asielsoeker uit Oezbekistan, is reeds in aanhouding. - Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie