Vragmotor met reuse daggavonds onderskep
Die polisie in die Ohangwena-streek het ‘n swaar vragmotor in die omgewing van Eenhana met 41 sakke dagga onderskep.
Volgens die polisie se misdaadkoördineerder en woordvoerder van die streek, kommissaris Shinedima Shindinge is die 46-jarige bestuurder op klagte van dwelmhandel by die polisie se padblokkade by Onhuno in hegtenis geneem.
Elk van die 41 sakke het 100 daggapakkies in gehad. Die bestuurder was met die Suid-Afrika-Botswana-Namibië-korridor van Suid-Afrika na Oshakati onderweg. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie