Vrae oor Steinhoff se prys vir Tekkie Town

In die voornoteringsverslag is aangedui die totale bates en laste van Tekkie Town is R406 miljoen en die klandisiewaarde is R2,94 miljoen, maar Steinhoff het aansienlik meer daarvoor betaal.
Nellie Brand-Jonker



Die stewige bedrag van R3,4 miljard wat Steinhoff Africa Retail (Star) vir die skoen­winkelgroep Tekkie Town betaal het, laat die wenkbroue lig.

Theo Botha, bekende aandeelhouer­aktivis en 'n direkteur van Proxy View, het op Star se jaarvergadering verlede week vrae oor die waardasie van Tekkie Town gevra.

Sedert die bom verlede jaar by Steinhoff International gebars het oor ­finansiële ongerymdhede by dié maatskappy, vra beleggers al hoe meer vrae oor die maatskappy se bates en die pryse waarteen ondernemings gekoop is. Botha wonder hoe Tekkie Town se waarde vanaf November 2014 tot nou so skerp gestyg het.

Die beleggingsgroep Actis het toe vir sy 42%-belang in Tekkie Town sowat R728 miljoen betaal. Dit beteken sy volle waarde was toe sowat R1,7 miljard werd.

Dit beteken sy waarde het sedertdien met 88% gestyg.

“Dit is net 'n skoenwinkelgroep,” het Botha gesê. “Hulle verkoop net skoene. Hoe kon hul waarde so vinnig gestyg het?”

Star het by navraag gesê vrae oor die Tekkie Town-waardasie moet aan Steinhoff International gerig word.

'n Navraag daaroor is egter nie deur Steinhoff beantwoord nie.

'n Woordvoerder van Star sê toe die koopprys van Tekkie Town op die jaarvergadering bespreek is, het die bestuur te kenne gegee hulle is gemaklik met die prys wat betaal is gegewe die maatskappy se vertoning.

Ook Star se ouditeurs, Deloitte, is tevrede daarmee.

Deloitte sê in sy ouditverslag in die finansiële jaarstate van Star hy het die waardasie oorweeg en het gevind die waardasiemetode wat gebruik is om die billike waarde te bepaal, was toepaslik.

Deloitte was vir byna 'n dekade lank Steinhoff se ouditeursfirma en het twee jaar se finansiële state ­afgeteken wat nou weer opgestel moet word.

In Star se finansiële state vir die jaar tot einde September word aangedui die koopprys sluit in R1 miljard vir die bates en laste wat verkry is, waarvan R766 miljoen ontasbare bates is. Die res, of sowat R2,2 miljard, is vir die klandisiewaarde.

“Hierdie klandisiewaardes is enorm, en dit is simptomaties van die nou openbare kennis oor die ­buitensporige pryse wat Steinhoff vir verkrygings betaal het ,” het Botha gesê.

Die klandisiewaarde en die bates en laste van Tekkie Town wat nou in Star se finansiële jaarstate aangedui word, verskil drasties van die inligting wat in sy voornoteringsverslag bekend gemaak is.

In die voornoteringsverslag is aangedui die totale bates en laste van Tekkie Town is R406 miljoen en die klandisiewaarde is R2,94 miljoen. Geen waarde is toe vir ontasbare bates aangedui nie.

Star se woordvoerder sê die boekhouding was toe nog nie ­afgehandel nie en die afhandeling daarvan is ­ingevolge die vereistes van die ­internasionale finansiële verslagdoeningstandaarde (IFRS) gedoen.

Botha het ook gesê hy meen gegewe die bedryfswins van R280 miljoen wat vir Tekkie Town in die ­finansiële state aangegee word, is die klandisiewaarde wat vir die belegging betaal is ­buitensporig. Dit is egter nie sy volle boekjaar se bedryfswins nie.

Star dui aan as Tekkie Town se volle boekjaar ingesluit is, sou sy inkomste R1,6 miljard beloop het en sy bedryfswins R321 miljoen.

Devan Naidoo het op Twitter gesê op grond van dié bedryfswins kan op 'n netto wins van sowat R200 miljoen gewerk word en dit kom neer op 'n prysverdiensteverhouding van 17 keer wat betaal is. “Dit is verspot duur vir 'n private, handelsnaamlose onderneming.”

In die voornoteringsverslag is gesê vir die jaar tot einde Februarie 2016 het Tekkie Town se inkomste R1,27 miljard beloop en sy bedryfswins R278 miljoen. Dit is uit die finansiële state van Tekkie Town gekry wat deur Grant Thornton geoudit is.

In die jaar tot einde Februarie 2017 het Tekkie Town se inkomste R1,5 miljard beloop en sy bedryfswins R320 miljoen, lui die voornoteringsverslag.

Dit beteken sy inkomste het met 18% gestyg en sy bedryfswins met sowat 15% in dié boekjaar.

Star het vir Tekkie Town betaal deur aandele aan Steinhoff International uit te reik. Steinhoff het voor Star se ontstaan vir Tekkie Town gekoop, maar dit is nie bekend vir hoeveel en hoeveel aandele aan die oorspronk­like eienaars soos Braam van Huyssteen uitgereik is nie. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.96 | EUR to NAD 20.52 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.34 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 211.71/OZ UP +0.96% | Copper US$ 3.98/lb DOWN -0.0015 | Zinc US$ 2 447.90/T DOWN -0.35% | Brent Crude Oil US$ 87.06/BBP UP +0.78% | Platinum US$ 898.08/OZ UP +0.36% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.96 | EUR to NAD 20.52 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.34 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 211.71/OZ UP +0.96% | Copper US$ 3.98/lb DOWN -0.0015 | Zinc US$ 2 447.90/T DOWN -0.35% | Brent Crude Oil US$ 87.06/BBP UP +0.78% | Platinum US$ 898.08/OZ UP +0.36%