Vrae oor skietdrama in hoofstad

Een dood, een gewond

29 January 2019 | Misdaad
Tanja Bause - Die motief vir gister se skokkende skietery in Windhoek se middestad is steeds duister.

Net voor 12:00 het ’n man op twee vrouekollegas by die kantore van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste in die City Centre-gebou losgebrand.

Me. Sarah Mwilima (51) het op die toneel gesterf. Me. Ester Nepolo is met kritieke beserings in ‘n privaat hospitaal opgeneem.

Volgens die hoofwoordvoerder van die Namibiese polisie, hoofinsp. Kauna Shikwambi, het die 33-jarige verdagte met ’n 9 mm Makarov-pistool wat in sy naam registreer is, op die vroue geskiet. “Die motief vir die skietery is nie bekend nie en die polisieondersoek duur voort,” het sy gesê.

Volgens die adjunk- uitvoerende direkteur van gesondheid en maatskaplike dienste, me. Petronella Masabane, was die oorledene die administrateur van die Globale Fonds.

“Die man was ook in die ministerie se diens, in dieselfde kantoor. Sy kontrak het egter verval en hy het na die tweede vloer na die primêre gesondheidsorgafdeling toe geskuif. Hulle drie was kollegas,” het sy gesê.

Volgens ’n veiligheidswag op die agste vloer, waar die skietvoorval plaasgevind het, het die man ingekom en kort daarna het die eerste skote geklap.

“Ek het die twee skote gehoor, by die deur ingekyk en Sara sien lê . . . toe klap nóg twee skote. Mense het in hul kantore weggekruip en sommige het weggehardloop,” het sy gesê.

Volgens kommissaris Silvanus Nghishidimbwa, polisiebevelvoerder in die Khomasstreek, het die verdagte homself later by die polisiekantoor in Wanaheda oorgegee en is hy in hegtenis geneem.

Volgens Masebane was die oorledene in beheer van miljarde Namibiese dollar in die eenheid vir spesiale programme. Sy het vir die ministerie die Globale Fonds se geld vir gespesialiseerde fokusgebiede soos malaria en HIV/vigs bestuur. “Sy was ’n briljante werker wat haar werk foutloos gedoen het,” het Masebane gesê.

Die personeel, skoonmakers en veiligheidswagte wat op die agste vloer werk, is alma ná die voorval. Die uitvoerende direkteur van gesondheid en maatskaplike dienste, mnr. Ben Nangombe, het dié mense aangeraai om berading en behandeling vir skok te kry.

Soortgelyk

 

NSFAF sluit ooreenkoms met Bank Windhoek

2 ure gelede | Onderwys

Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) en Bank Windhoek het vandag ʼn ooreenkoms aangegaan vir ʼn nuwe stelsel waardeur geld aan kwalifiserende studente gestuur...

Chinees Dinsdag in hof ná werker se skietdood

2 ure gelede | Misdaad

Die man wat gister na bewering deur sy Chinese werknemer in die Andara-nedersetting doodgeskiet is, is as mnr. Andreas Hausiku (32) geïdentifiseer.Hausiku was ‘n inwoner...

Twintig jaar tronkstraf vir verkragter

3 ure gelede | Howe

‘n 34-jarige man van Otjiwarongo is gister 20 jaar tronkstraf opgelê nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting van ‘n minderjarige. Die dogter was...

Taking charge

14 ure gelede | Mense

Mariselle Stofberg Anthea van Heerden decided to take a leap of faith to start her own company in Windhoek.She is the managing director and...

Moontlike deurbraak

14 ure gelede | Misdaad

Denver KistingDie man wat gisteroggend weens Maandag se bloedbad op Arandis aangekeer is, het glo vir etlike ure geweier om met die polisie saam te...

Só staan sake in die Namibiese huis

14 ure gelede | Regering

Denver KistingPres. Hage Geingob het gistermiddag gesê sy boodskap van “welvaart vir almal” moenie verkeerd verstaan word nie.Volgens hom was die bedoeling nooit om oordaad...

Kabajani blossoms at GIPF

14 ure gelede | Mense

Michelline Nawatises Annette Likeleli Kabajani is a holder of a bachelor’s degree from the University of Namibia (Unam). She has also attained several management and...

Baking a name for herself!

14 ure gelede | Mense

Ester Kamati At the age of 28, Alma Tangi Nakanduungileh is climbing the entrepreneurial ladder and adding sweetness to her clients’ lives. A qualified...

A passion to unlock potential

14 ure gelede | Mense

Ester KamatiJustina Mulokoshi is a chartered accountant (CA) at PwC who has big dreams and is constantly on the lookout for new ways to improve...