Vrae oor Boeing nu00e1 tweede ramp
Vrae oor Boeing nu00e1 tweede ramp

Vrae oor Boeing ná tweede ramp

Onsekerheid heers oor die veiligheid van Boeing se 737 Max 8-vliegtuie.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer



Terwyl dit gister bekend geword het die twee vlugopnemers van die splinternuwe Boeing 737 Max 8 is op die ramptoneel van vlug ET302 in Ethiopië gevind, het rederye in drie lande aangekondig hulle gaan die gebruik van dié vliegtuie staak.

Boeing se aandeelprys het te midde van spekulasie oor die veiligheid van hierdie nuwe vliegtuie gister met 12,3% geval.

Altesaam 157 mense het Sondagoggend gesterf toe die Boeing 737 Max 8 van Ethiopian Airlines kort ná opstyging suidoos van Addis Abeba neergestort het. Die vliegtuig was onderweg na Nairobi in Kenia.

'n Identiese vliegtuig van Lion Air het op 29 Oktober verlede jaar naby Djakarta in Indonesië geval. Al 189 mense aan boord is dood.

Intussen het die internasionale media gister begin berig oor wie die passasiers was wat Sondag omgekom het. Ten minste 22 personeellede van die Verenigde Nasies (VN) was op hierdie vlug om die One Planet-omgewingsberaad later hierdie week in Kenia by te woon.

Ethiopian Airlines het gister al sy vlugte gestaak wat hy met die nuwe Boeing 737 Max 8 sou onderneem. Die burgerlugvaartowerhede in China en Indonesië het soortgelyke aankondigings gemaak.

Ethiopian Airlines gebruik die veel groter Boeing 787-900 Dreamline op sy Windhoek-roete.

'n Lugvaartkenner, mnr. Alex Macheras, het aan Al Jazeera gesê Sondag se ramp het die fokus op die vliegtuig eerder as die lugredery geplaas, aangesien Ethiopian Airlines 'n goeie veiligheidsrekord het.

Dit word allerweë as die suksesvolste redery in Afrika beskou en beskik oor 'n vloot van 108 vliegtuie.



BOEING

Boeing het ná die Lion Air-vliegramp verlede jaar 'n bedryfsnota aan lugdienste uitgereik.

Reuters het vroeër berig dié Amerikaanse vliegtuigvervaardiger het bemanningslede in dié bedryfsnota herinner hoe om foutiewe kajuitlesings te hanteer.

'n Woordvoerder van Boeing wou nie sê of die nota slegs vir 737 Max 8-vliegtuie is en of dit alle Boeing-vliegtuie geld nie.

Die nota het lugrederye na bestaande prosedures vir kajuitbemanning verwys wanneer die sensors foutief is, wat die hoek van die aankomende lug of wind in vergelyking met 'n verwysingslyn op die vliegtuig se vlerk meet.

Dit is die sogenaamde AOA-(area of attack)sensors.

Die aanduiding was dat een van die AOA-sensors op Lion Air se vlug 610 foutiewe lesings gegee het, het Reuters berig.

As die kritieke invalshoek te groot is, kan die vliegtuig 'n aërodinamiese staking ervaar, wat beteken dit het nie meer genoeg krag om in die lug te bly nie.



WINDHOEK

Die Suid-Afrikaanse lugredery Comair, wat onder die vaandel van British Airways en kulula.com vlieg, het intussen gister gesê hy gaan nie die Boeing 737 Max 8 onttrek, wat hy verlede maand in gebruik geneem het nie.

Dit is die eerste van agt van hierdie vliegtuie wat Comair bestel het en maak hom die eerste redery in die streek wat 'n Boeing 737 Max 8 in gebruik geneem het.

Comair het gister in 'n verklaring gesê hy kan nie spekuleer oor die oorsaak van Sondag se ongeluk of die een van Lion Air verlede jaar nie.

“Comair sal voortgaan om die onderskeie ondersoeke deur die toepaslike owerhede te monitor en is in kontak met Boeing en die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid,” lui die verklaring.

(Saamgestel uit berigte deur AFP, Reuters, Al Jazeera en Netwerk24)

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.66 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.1 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.87 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 393.01/OZ UP +0.55% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.14% | Zinc US$ 2 857.90/T UP 1.28% | Brent Crude Oil US$ 87.48/BBP UP +0.37% | Platinum US$ 930.36/OZ DOWN -0.0062 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.66 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.1 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.87 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 393.01/OZ UP +0.55% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.14% | Zinc US$ 2 857.90/T UP 1.28% | Brent Crude Oil US$ 87.48/BBP UP +0.37% | Platinum US$ 930.36/OZ DOWN -0.0062