Vrae nu00e1 moordondersoek sloer
Vrae nu00e1 moordondersoek sloer

Vrae ná moordondersoek sloer

Drie jaar ná die moord op 'n geliefde inwoner van die Suide, soek sy familie steeds ­afsluiting.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht



Drie jaar nadat 'n geliefde inwoner en sakeman van Ka­rasburg ná 'n gewapende roof in sy huis aan sy beserings beswyk het, is die twee mans wat aanvanklik vir sy moord aangekla is steeds op vrye voet.

Die 63-jarige mnr. Tillian Walters is op 25 Mei 2016 deur sy broer in sy huis gevind waar hy vasgebind in sy kamer gelê het. Hy het later in 'n hospitaal in Suid-Afrika gesterf aan beserings wat hy in die gewapende roof opgedoen het. Walters se bakkie waarmee die aanvallers gevlug het, is later buite Keetmanshoop op die pad na Grünau gevind.

Een van Walters se werknemers, Desmond Vries, en Daniel Nuyoma is later in verband met die aanval en op aanklagte van gewapende roof, poging tot moord en diefstal in hegtenis geneem. Die polisie het toe bevestig geen van die kontant wat by Walters gebuit is, is teruggevind nie en hulle was warm op die spoor van nog verdagtes wat vermoedelik by die aanval en roof betrokke was.

Een van Walters se seuns, Gershwin, het nou 'n beloning uitgeloof vir enige persoon wat met inligting kan help om sy pa se moordenaars uiteindelik agter tralies te kry.

“Ons is raadop en kry nie afsluiting nie,” het hy in 'n onderhoud met Republikein gesê.

“Ons lewens is so deurmekaar. Ons wil net daai bietjie closure kry en dan bid ek dat ek vrede vind. As iemand ons net kan sê.”

Volgens Walters het die familie herhaaldelik by die polisie navraag gedoen oor waarom die saak sloer en die verdagtes wat aanvanklik vir die roof en aanval agter tralies was, weer vrygelaat is.

Walters beweer die saak is van die rol geskrap omdat die ondersoekbeampte volgens hom nooit by die hof opgedaag het nie en die dossier glo voete gekry het. 'n Werknemer van sy pa wat aanvanklik vir poging tot moord en diefstal ná die aanval vasgetrek is, loop ook glo “vry in die dorp rond”.

Inwoners van Karasburg het ook vroeër 'n optog op die dorp gehou oor die onopgeloste moord op Walters wat die eienaar van 'n slaghuis en drankwinkel op die dorp was.

Die koördineerder van misdaadondersoeke in die ||Kharasstreek, adj. komm. Crispin Mubebo, het intussen gesê die dossier is nie weg nie en die ondersoek gaan voort.

“Ons het uitdagings in die gesig gestaar, met ­leidrade wat na Suid-­Afrika gelei het en ons wat vir inligting gewag het. Die ondersoek is egter in 'n ­gevorderde stadium en vorder goed.”

Hy het beklemtoon dat die saak spoedig weer op die hofrol sal verskyn.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!