Vra die Chinese
WILLEM DE WET SKRYF:
Kan ons nie maar een keer oë toeknyp en die Chinese vra om te help nie?
Ons sien op Facebook dat daar in Japan ’n gedeelte van ’n pad deur ’n modderstorting verwoes is en dae daarna is die pad herstel en ry die karre weer.
In Namibië is dit egter ’n uitdaging! ’n Pyp bars op die hoek van Metje en Nelson Mandela en ons is nou al twee maande na die ”ramp” nog steeds gekniehalter en vermy Nelson Mandela, want die lorries kry nie hul draaie om die nou hoeke van die ompad nie en ons munisipaliteit is onbeholpe, onbewus en onbekwaam.
Hoe de hel kan dit so lank vat om die pyp en die pad reg te maak? Dit spreek van totale hopeloosheid. ’n Gebrek aan wil, ’n vermorsing van tyd en geld en ’n toonbeeld van onvermoë.
Elke twee weke staan daar ’n paar manne rond met grawe en stampers en hulle is meer geïntereseerd in die verkeer as in die werk op hande. Lê op die grawe en lê op die grond. Min gebeur en niemand gee om. Weke in ’n ry is daar niemand op die werksperseel en die waarskuwingslint is die enigste ding wat wapper en werk.
Die keer, en net die keer vra ek: Kry asseblief die Chinese dat hulle die werk kom doen, anders gaan die pad nie in ons leeftyd weer in gebruik kom nie. Onse munisipaliteit kan nie!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie