Vordering met ‘maatskaplike argitektuur’ bemoedigend: Geingob

Bystand om honger-armoede te verlig werp vrugte af

15 December 2016 | Regering
Estelle de Bruyn - Op maatskaplike gebied is heelwat die afgelope jaar vermag. Volgens pres. Hage Geingob, wat Dinsdag by Staatshuis ‘n oorsig oor die welslae van die Harambee-welvaartsplan gegee het, is die droogtebystand wat aan byna ‘n halfmiljoen Namibiërs verleen is, een van die hoogtepunte van die jaar.

Droogtebystand is een van enkele begrotingsposte wat in die begrotingshersiening in die middel van die finansiële jaar bykomende geld gekry het.

“Dit is ‘n bewys van die regering se verbintenis tot geen sterftes as volg van hongersnood gedurende die Harambee-tydperk nie,” het Geingob gesê.

Hy het ook die suksesvolle instelling van ‘n voedselbank in die Khomasstreek uitgesonder en het daarop gewys dat 22 000 huishoudings in die Khomasstreek, of nagenoeg 100 000 Namibiërs, maandeliks voordeel uit die voedselbank trek. Hierdie program sal gedurende die Harambee-tydperk ook in kwalifiserende dorps- en landelike gebiede elders in die land ingestel word en behoort volgens Geingob ‘n ver pad te gaan om honger-armoede, wat nagenoeg 5,8 persent van Namibiërs volgens die jongste statistiek raak, van hulp te wees.

Vanjaar is die belofte om pensioene vir bejaardes met ‘n bykomende N$100 te vermeerder, nagekom en pensioenarisse ontvang nou maandeliks N$1 100 van die staat.

Ten einde honger-armoede in landelike gebiede die hoof te bied, is 100 trekkers beskikbaar gestel om gesubsidieerde ploegdienste te bied en saad en kunsmis is in die huidige reënseisoen aan landelike boere verskaf.

Behuising bly een van die grootste uitdagings vir die regering en ook op hierdie gebied is welslae behaal.

Volgens Geingob het die regering vanjaar 2 240 gedienste erwe in Windhoek en op Oshakati en Walvisbaai beskikbaar gestel met ‘n verdere 1 624 erwe wat in die nabye toekoms deur vennootskappe tussen die regering en die private sektor beskikbaar sal raak. Dit is 3 864 van die teiken van 5 000 erwe wat in jaar een van Harambee, wat op 31 Maart 2017 ten einde loop, in die vooruitsig gestel is.

Hierbenewens is ‘n bedrag van N$367,9 miljoen in die vorm van subsidies aan kwalifiserende plaaslike owerhede beskikbaar gestel om die diens van grond in dorpsgebiede te versnel. Hiervan is reeds N$151,8 miljoen reeds benut.

Wat voltooide huise betref, is 2 172 van die jaarlikse teiken van 6 000 huise reeds voltooi. Hierdie huise is in Mariental, Rehoboth, Otavi, Karibib, Okambahe, Omatjete, Khorixas en Rundu. Van hierdie huise is 494 deur vennootskappe tussen die regering en die private sektor op Eenhana, Hentiesbaai, Grootfontein, Ondangwa, Outapi en Ruacana opgerig. Altesaam 1 500 huise word nog gebou.

Die staatsdienspensioenfonds (GIPF) het ‘n behuisingskema landswyd vir personeel in uniform ingestel. Geingob wys daarop dat vennote van die Harambee-welvaartsplan in die private sektor ook met aantreklike huiseienaarskapskemas vorendag gekom het om hul werkgewers te help om bekostigbare behuising aan te skaf.

‘n Bedrag van N$30 miljoen is bewillig vir die bou van toilette in die Hardap- en //Karas-streek. Tenders vir die bou van 780 toilette sal binnekort toegeken word.

Soortgelyk

 

Nog ‘n bejaarde op Swakopmund vermoor

18 ure gelede | Misdaad

Die ligaam van ‘n 78-jarige man is vanoggend deur lede van die Namibiese polisie by sy huis op Swakopmund in die Vineta-woonbuurt gevind. Volgens hoofinsp....

Ongeluk buite Okahandja

20 ure gelede | Ongelukke

'n Bakkie met 'n sleepwa met beeste was vanoggend buite Okahandja in 'n ongeluk betrokke.Die ongeluk het sowat 10 km noord van Okahandja op die...

Toeriste se veiligheid van belang

21 ure gelede | Toerisme

Die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, het vanoggend tydens 'n nuuskonferensie in die hoofstad aangekondig dat 'n spesiale polisie-eenheid vir toeristeveiligheid...

Tienjarige vir moord ondersoek

1 dag gelede | Misdaad

Die polisie in die Noorde ondersoek 'n saak van moord nadat 'n 10-jarige seun na bewering die bure se vierjarige seun versmoor het deur sand...

Bouwerk aan Neckartaldam gestaak

1 dag gelede | Ministeries

Ronelle RademeyerKonstruksiewerk aan die Neckartaldam buite Keetmanshoop is gister vir die tweede keer in vier maande gestaak aangesien die minister van landbou, water en bosbou...

Sonder stene word Uis 'n broodlose dorp

1 dag gelede | Plaaslik

Des ErasmusVir 'n geskatte 2 000 afhanklikes van die unieke steenbedryf op Uis gaan die brood van hul tafels verdwyn wanneer gedwonge isolasie Namclay se...

Weer, Vrydag 18 Augustus 2017

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Aanvanklik baie koud, maar andersins mooiweer en koud tot matig. In die Noorde sal dit warm tot baie warm wees.KUS: Sonnig en warm in...

Omaruru pure perd met tentedorp

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Des ErasmusKamp Runnik noem die ­organiseerders van Omaruru se Kunsroete die tente­kommune waarmee behuisingsnood in die dorp se hoogtepunt van die jaar aangespreek gaan word....

Chinese beskuldigde in miljarde se bedrogsaak verbeur borggeld

1 dag gelede | Howe

Jacqueline Louw – Een van die sewe Chinese burgers wat saam met ’n Walvisbaaise sakeman tereg staan op klagte wat verband hou met ’n N$3,5...