Voorval stook verset teen wilddiewe landwyd
Voorval stook verset teen wilddiewe landwyd

Voorval stook verset teen wilddiewe landwyd

Anneli Erasmus
Des Erasmus - Verfynde tegnieke deur wildstropers en veediewe kan nog vanjaar tot ‘n dakorganisasie vir vrywilligers in die stryd teen die euwel sorg.

Terselfdertyd kan al hoe groter druk op wetstoepassers en die howe verwag word om nie met veediewe en wildstropers te speel nie.

‘n Voorval in die nagtelike ure van gisteroggend op die pad tussen Otjiwarongo en Okahandja kan as ‘n laaste strooi dien om die owerheid te dwing om strenger teen wildstropers en veediewe op te tree.

Die rol van verkenners, die sogenaamde “splitters”, in die skemerwêreld van die veldboewe word ook nie meer bevraagteken nie. Die voorval sowat 5 km buite Otjiwarongo was gisteroggend reeds landwyd bekend danksy noue skakeling onder vrywilligers van die verskillende wagdienste.

Lede van Otjiwarongo se distrikswag het in die nag sowat 5 km buite die dorp op die pad na Okahandja op ‘n ouer model blou Ford Fiesta afgekom. Dit was die derde keer wat vermeende stropers aangekeer is wat van dié voertuig gebruik gemaak het. Toe op die Ford afgekom is, het dit blykbaar as gevolg van meganiese probleme langs die pad gaan staan. Die motor was by lede van die distrikswag bekend, aangesien dit ook by twee vorige geleenthede die ryding van diewe van die veld was.

Terwyl die ondersoek nog op die toneel aan die gang was, het nog vier vermeende wilddiewe in ‘n tweede voertuig betrokke geraak, blykbaar om bystand aan die man in die Fiesta te gee. Op die tweede voertuig was twee gemsbokke wat deur die bosslagters uitmekaar gemaak was. Op die tweede voertuig was ook drie honde wat deur die vier vermeende onwettige jagters gebruik is. Vuurwapens is nie in die tweede voertuig gevind nie. Daar word vermoed die honde word gebruik om ‘n gemsbok vas te keer sodat die dier met ‘n skerp voorwerp soos ‘n assegaai doodgesteek kan word.

Al vyf die mans in die twee voertuie is deur die polisie in hegtenis geneem en het die res van die nag in die selle deurgebring met klagstate wat gisteroggend voorberei was. Die insittendes was nie aan wetstoepassers bekend nie, maar die voertuie wel. Volgens die betrokkenes was al vyf die mans baie arrogant teenoor hul agtervolgers.

‘n Omgekrapte woordvoerder van die distrikswag het gisteroggend aan Republikein gesê goeie samewerkng is besig om tussen die polisie en wagdienste te ontwikkel, maar lede van die magte word gedemotiveer deur borgtog wat te maklik toegestaan word, ligte vonnisse wat by skuldigbevindings opgelê word en eiendom soos die Ford Fiesta wat nie by skuldigbevindings verbeurd verklaar word nie. Volgens die woordvoerder is ‘n wilddief al vir die soveelste keer aangekeer nadat hy al 16 jaar tronkstraf vir soortgelyke oortredings uitgedien het.

Die voorval by Otjiwarongo was gisteroggend reeds landwyd met ander wagdienste gedeel. Oor die koms van die tweede motor van vermeende diewe op die toneel het ‘n vrywilliger in die stryd teen ‘n wildstropery langs die kus gesê bendes van maak al hoe meer gebruik van sogenaamde “splitters”. Dit is voertuie wat voor en agter die voertuie van die werklike jagters en karweiers van onwettige vleisvragte ry. Hulle waarsku die jagters dan met selfone en dalk per radio van agtervolgers en padblokkades.

Volgens die bron op Swakopmund is daar landwyd ‘n geskatte 150 tot 170 vrywilligers teen wildstropers. Daar word onderling geskakel en die moontlikheid van ‘n dakorganisie word al hoe meer genoem. Hy meen so ‘n organisasie kan selfs vanjaar al gestig word.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.67 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.12 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.91 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.12 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 390.59/OZ UP +0.45% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.25% | Zinc US$ 2 862.90/T UP 1.45% | Brent Crude Oil US$ 87.49/BBP UP +0.37% | Platinum US$ 930.17/OZ DOWN -0.0065 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.67 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.12 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.91 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.12 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 390.59/OZ UP +0.45% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.25% | Zinc US$ 2 862.90/T UP 1.45% | Brent Crude Oil US$ 87.49/BBP UP +0.37% | Platinum US$ 930.17/OZ DOWN -0.0065