Vooruitgang vir Shack Dwellers
Vooruitgang vir Shack Dwellers

Vooruitgang vir Shack Dwellers

Lede van die Narraville-tak van die Shack Dwellers Federation kan binne maande self trotse huiseienaars word.
Leandrea Louw
Leandrea Louw op Walvisbaai

Die sooispitseremonie vir die konstruksie van huise op 68 erwe is onlangs in Narraville gehou – byna tien jaar nadat die Shack Dwellers Federation (SDFN) op die been gebring is om lae inkomste werkers die kans te bied om huiseienaars te word.

Die begunstigdes wat in Narraville woon, spaar reeds sedert 2007 om hul huise te kan bou.

Lede van die hoëvlak-ministeriële afvaardiging wat die Covid-19-situasie in die streek kom evalueer het, het die seremonie aangebied.

Mnr. Derek Klazen, die adjunkminister van landelike en stedelike ontwikkeling, het SDFN-lede aangemoedig om hul kennis met ander te deel en sodoende meer Namibiërs in staat te stel om uiteindelik huiseienaars te word.

Dié ministerie het N$1 miljoen vir die aanlê van paaie en ander dienste in die gebied begroot.

“Begin vandag en kry die grond vir die ander groepe wat al lank smeek vir bekostigbare behuising. Ek kan my deel doen, maar ek het ’n plan van aksie nodig sodat almal geholpe kan raak. Ons kan nie teen mekaar werk of ander in die koue laat staan nie.”

Gedurende 2012 het die Walvisbaai-munisipaliteit 268 erwe toegeken en die federasie gehelp met die voltooiing van die planne vir die 68 erwe in Narraville.

Hulle het in 2019 die fondasies begin grawe, danksy verskeie besighede wat die toerusting geborg het.

Mnr. Neville Andre, goewerneur van die Erongostreek, het benadruk die uitdaging van voldoende behuising verg samewerking.

“Die regering kan hierdie uitdaging nie alleen aanpak nie. Met vennootskappe soos dié kan ons die taak suksesvol aanpak en hoop vir ons mense bring. Ek kan julle verseker dat ons deurentyd aan die behuisingskrisis aandag gee.”

Hy het ’n dringende beroep op kusbewoners gedoen om nie mense in agterplaas-plakkershutte te huisves nie en om eerder daar te begin tuinmaak.

Mnr. Hafeni Ndemula, die adjunkminister van arbeid, het gesê belegging in behuising kan kinders in lae-inkomste-huishoudings die geleentheid bied om akademies te verbeter en suksesvol te wees, hul gesondheid en welstand te handhaaf en later in die lewe finansiële sukses te behaal.

“Laekostebehuising is absoluut noodsaaklik en is te midde van ons behuisingskrisis ewe belangrik as altyd. Dit bou gemeenskappe en gee mense ondersteuning wat hulle help om gesond en gelukkig te wees.

“Op hierdie dag bereik ons uiteindelik hierdie mylpaal ná ’n lang tyd van wag en beplanning.”

Die sooispitseremonie sal gevolg word deur die aanlê van strate en uiteindelik die konstruksie van huise.

“Kom ons waardeer al die moeite en doen ons deel om by te dra. Hoewel die konstruksie van paaie en ander dienste in fases gedoen sal word, beskou ek dié dag as ’n groot mylpaal in die vooruitgang in die streek.”

Ndemula het die SDFN geloof vir hul praktiese benadering tot bekostigbare behuising. “Hierdie is ’n oplossing wat suksesvol oor die land geïmplementeer word en voortdurend ’n positiewe impak op mense se lewens het.”

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Currency: GBP to NAD 23.73 | EUR to NAD 20.44 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.14 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.13 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.8 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.14 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26777.05 Down -4.86% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 313.25/OZ DOWN -0.0043 | Copper US$ 4.45/lb UP +0.96% | Zinc US$ 2 828.60/T UP 0.95% | Brent Crude Oil US$ 88.05/BBP DOWN -0.0032 | Platinum US$ 912.25/OZ UP +0.26% Sport results: Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Weather: Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.73 | EUR to NAD 20.44 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.14 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.13 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.8 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.14 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26777.05 Down -4.86% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 313.25/OZ DOWN -0.0043 | Copper US$ 4.45/lb UP +0.96% | Zinc US$ 2 828.60/T UP 0.95% | Brent Crude Oil US$ 88.05/BBP DOWN -0.0032 | Platinum US$ 912.25/OZ UP +0.26%