Voortrekkers trap vir renosters

03 December 2021 | Byvoegsels
Karli Rudolph

Die Voortrekkers vier vanjaar hul 90ste bestaansjaar met die tema “Voortrekkers gaan groot”.

Die Namibiese Voortrekkers het daarom besluit om hul eie span vir die Nedbank Desert Dash-fietswedren in te skryf ten bate van Namibië se renosters.

Die Voortrekkers is, onder meer ’n instansie om leierskap en ’n diensbaarheid onder die jeug te kweek, sowel as ’n liefde vir die natuur en die wil om dit te beskerm.

“Aangesien daar vanjaar weens die Covid-regulasies nie ’n groot openbare viering vir dié 90ste verjaardag kon wees nie, het ons dit goedgedink om ons eie span vir die Dash in te skryf wat ongeveer 500 Voortrekkerlede in hulle harte sal saamdra.”

Die ryers is Lieuwke Hepkema, Beatrix Turner, Ruben Smith en Edrich Gerber. Hulle gaan die 393 km tussen Windhoek al die pad tot by Swakopmund in onder 24 uur aanpak.

Dié vier ryers trap nie net fiets vir lekkerte nie – hulle ry vir die renosterbewaringsprojek wat aan die begin van die jaar van stapel gestuur is.

Die Verkenners (graad 8- tot 12-leerlinge) was bevoorreg om vanjaar op ’n renosterbewaringskamp te gaan en te besef watter groot uitgawe dit is om net één renoster te onthoring. Dit kos ongeveer N$21 000 per renoster.

Die horing word verwyder om te keer dat die renoster gestroop word. Enige nodige inentings word dan sommer ook gedoen, terwyl die renoster onder narkose is. Dié proses moet elke drie jaar herhaal word, omdat die horing so vinnig groei.

Die Voortrekkers het vir hulself ’n doelwit van N$50 000 gestel om vir hierdie belangrike projek in te samel.

Om verdere geld in te samel, word unieke fietsryhemde teen N$600 elk verkoop. Uiteindelik sal 20% van die wins aan die renosterbewaringsprojek geskenk word. Die res van die geld sal aangewend word om Voortrekker-kampe vir alle lede meer bekostigbaar te maak.

“Ons nooi die publiek uit om saam met ons die hemde te dra en groot te gaan vir die renosters!”

Belangstellendes kan ’n skenking aan die Voortrekkers vir die bewaringsprojek of hul jeugfonds maak:

Bank Windhoek

Kudu (482172)

1028151801

Verwysing - 90/Rhino

Kontak Elmine McCarthy by [email protected] of +264 81 237 0350 vir bestellings. Kindergroottes is ook volgens ouderdomme beskikbaar.

Soortgelyk

 

22 sterftes, 346 nuwe gevalle

8 ure gelede | Gesondheid

Die Covid-sterftes het met 22 tot 3 783 gestyg. Vyf hiervan was tuissterftes in die Oshikoto-streek. Nie een van die sterfgevalle was ingeënt nie. Gister...

Trusted Travel System geld vanaf Saterdag

12 ure gelede | Toerisme

Die Trusted Travel System vir die koördinering en verifiëring van Covid-19-uitslae in lande deel van die Afrika Unie (AU) geld vanaf Saterdag (15 Januarie) in...

Huidige Covid-19-regulasies bly in plek

12 ure gelede | Gesondheid

President Hage Geingob sê die huidige Covid-19-regulasies wat die afgelope maand in plek was, geld steeds tot 15 Februarie. Dit is die volgende: 'n maksimum...

Byna 20 000 nuwe gevalle die afgelope maand

12 ure gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, sê 19 846 nuwe Covid-19-gevalle is die afgelope maand in die land aangeteken. Hiervan was...

Inentingskoers bly laag

13 ure gelede | Gesondheid

President Hage Geingob sê huiwering om teen Covid-19 ingeënt te word, duur voort. Volgens die staatshoof het Zambezi die laagste koers en wel 6%, terwyl...

‘Reëngolwe wink’

23 ure gelede | Weer

Henriette Lamprecht – Baie swaar reën, met etlike reëngolwe wat in die tweede helfte van vandeesweek en tot volgende week uitgebreid na Namibië op pad...

Lisensie of nie, staatsvoertuie ry

23 ure gelede | Polisie

Adam Hartman op Swakopmund – Verkeersbeamptes in alle streke voer steeds ’n vroeër opdrag vanuit hul hoogste gesag uit om nie verkeerskaartjies aan regeringsvoertuie met...

FNB deel van geding om Fishrot-geld

23 ure gelede | Howe

Ogone Tlhage – First National Bank Namibia het bykomende dokumente by die hoërhof in Windhoek ingedien en hom daardeur by die grootste korrupsiesaak in die...

Weer vir 13 Januarie

23 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm oor die westelike helfte van die binneland, andersins gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met 'n...