Voorspoed waarborg volhoubare vrede
Voorspoed waarborg volhoubare vrede

Voorspoed waarborg volhoubare vrede

Onafhanklikwording is gister onder die vaandel van eenheid in gedeelde voorspoed herdenk.
Estelle de Bruyn
Estelle de Bruyn



Voorspoed vir die meerderheid Namibiërs is die enigste versekering vir volhoubare vrede.

So het pres. Hage Geingob gesê wat gister die hoofspreker by die onafhanklikheidsvieringe op Tsumeb was.

“'n Land waar ongelykheid steeds bestaan, kan nie suksesvol wees nie.”

Voorts lei inklusiwiteit én eksklusiwiteit tot konflik, het hy gesê.

Volgens Geingob het die tyd nou ná 28 jaar se onafhanklikheid aangebreek om 'n opname te maak van wat gedoen moet word om die dringende take van eenheid en gedeelde voorspoed te verwesenlik. Hy het benadruk dat vrede en eenheid belangrike vereistes vir kollek­tiewe welslae as 'n nasie is.

Hy het ook hulde aan sy voorgangers, oudpres. Sam Nujoma en oudpres. Hifikepunye Pohamba, gebring vir hul bydrae en gesê dit is te danke aan dié ikone dat Namibië tans 'n baken van vrede en stabiliteit op die Afrika-vasteland is.

Geingob het gesê sedert die infrastruktuur van apartheid afgebreek is, is vinnige vordering gemaak en Namibiërs eis nou meer van die regering. “Ek stem saam dat burgers niks behalwe gehalte dienste moet verwag nie.”

Hy het ook gewys op die tasbare vordering wat met die voorsiening van infrastruktuur, maatskaplike be­skerming, ekonomiese vooruitgang en doeltreffende staatsbestuur gemaak is.

Die president het daarop gewys dat Namibië se paaie onlangs as die beste in Afrika suid van die Sahara gereken is. “Armoedevlakke het gedaal, meer kinders is op skool en beter maatskaplike dienste word aan die meerderheid verskaf.

“Ek is die eerste om te erken dat ons daarvan sou gehou het om hoër vlakke van vooruitgang en implementering te sien. Ons moes egter onafhank­like veranderinge buite ons beheer trotseer. Die afgelope vier jaar het ons 'stormwinde' in die gesig gestaar wat deur die globale ekonomiese daling, gekenmerk deur 'n afname in kommoditeitspryse en fluktuerings van die wisselkoers, meegebring is. Dit was die 'perfekte storm' en dit het 'n regstreekse impak op ons ekonomie en inkomstebasis gehad,” het Geingob gesê.

As gevolg hiervan is die grootste besnoeiing in besteding sedert onafhanklikwording geïmplementeer.

Hy het klein- en medium­sakeondernemings aangeraai om hul sakeportefeuljes te diversifiseer.

“Die republiek bly op sy plek, maar die realiteit is dat die ekonomiese afname nuwe denke in die regering genoodsaak het om te diversifiseer en 'n inklusiewe groeimodel, gegrond op fiskale omsigtigheid en volhoubaarheid, in te stel om die ekonomiese storms die hoof te bied,” het Geingob gesê.

Hy het die versekering gegee dat die regering aan legitieme verwagtinge sal voldoen.

Hierbenewens sal oplossings vir werkloosheid onder die jeug, grondhervorming en breë-basis ekonomiese bemagtiging gevind word. Dit sal volgens hom verenigde pogings en 'n verbintenis verg wat deur patriotisme aangedryf moet word.

“Ons moet saamstaan, verenig in ons liefde vir Namibië. Vingerwysery, be­skuldigings en die verplasing van skuld moet vermy word. Kom ons hou hande vas en stel nasionale belang en die nastrewing van gedeelde voorspoed bo eie belang,” het Geingob gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.84 | EUR to NAD 20.41 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.33 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 219.21/OZ UP +1.30% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.07% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.59/BBP UP +1.39% | Platinum US$ 907.33/OZ UP +1.39% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.84 | EUR to NAD 20.41 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.33 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 219.21/OZ UP +1.30% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.07% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.59/BBP UP +1.39% | Platinum US$ 907.33/OZ UP +1.39%