Voormalige MultiChoice-bestuurder in hof oor bedrog

13 September 2017 | Howe
Jacqueline Louw - Me. Manga Nawa Mukena, ’n voormalige bemarkingsbestuurder van MultiChoice Namibia, het gister ’n derde verskyning in die landdroshof in Windhoek gemaak in verband met bedrog van N$2 miljoen teen haar vorige werkgewer.

Mukena het voor landdros Celma Amadhila verskyn op klagte van bedrog, vervalsing en die plaas van vervalsings in omloop.

Dit is die staat se saak dat Mukena onregmatig, vals, onwettiglik en met die doel om te bedrieg teenoor MultiChoice Namibia en ene mnr. Roger Gertze tussen 1 April 2013 en 17 Maart vanjaar opgetree het.

Staatsaanklaer Tatelo Lusepani het die hof meegedeel die ondersoek na die saak is afgehandel en dat die staat gereed is om Mukena se pleit in terme van artikel 119 van die Strafproseswet aan te hoor.

Die staat beweer Mukena het haar posisie as bemarkingsbestuurder by MultiChoice gebruik om haar werkgewer oor te haal om ’n maatskappy met die naam Kundan (Edms.) Bpk. te betaal vir dienste wat nooit gelewer is nie.

Die bedrogklag spruit uit die feit dat Mukena na bewering ’n totaal van 80 fakture vir advertensiedienste vervals en vir betaling aangebied het. Bankbesonderhede wat op dié fakture verskyn het, was nie die van Kundan nie, maar Mukena se eie.

Deur middel van die vervalste fakture het Mukena oor ’n periode van drie jaar na bewering daarin geslaag om N$2 088 071 van MultiChoice en Gertze na haar bankrekening te kanaliseer. Geen advertensiedienste is ooit aan MultiChoice gelewer nie.

Mukena is op borgtog van N$50 000 vrygelaat. Haar borgtogvoorwaardes is gister aangepas sodat sy nie meer twee keer per week by Windhoek se polisiestasie hoef te rapporteer nie. Intussen moes sy haar reisdokumente by die polisie inhandig en mag sy ook nie die Windhoek-distrik sonder toestemming van die ondersoekbeampte verlaat nie.

Sy sal weer op 19 September in die hof verskyn.

Soortgelyk

 

Kampe dalk spiekeries voor seisoen

1 uur gelede | Toerisme

‘n Noodplan vir die rehabilitasie van die gewilde kampoord Jakkalsputz net suid van Hentiesbaai is in werking gestel. Terselfdertyd het Namibia Wildlife Resorts se beheerbeampte...

95-jarige vas oor onwettige wildprodukte

3 ure gelede | Misdaad

'n Pensioenaris (95) is Maandag omstreeks 15:30 by die Mashare-nedersetting naby Rundu in verband met die onwettige besit van wildprodukte in hegtenis geneem. Volgens die...

Woerts-warts tussen Ondangwa, Walvisbaai

6 ure gelede | Vervoer

Namibiërs kan nou in onder 60 minute tussen Walvisbaai en Ondangwa reis.Air Namibië vlieg sedert Dinsdag drie keer per week tussen dié twee dorpe: op...

Bob bedank, Zim vry!

18 ure gelede | Afrika

Gisteraand skuins voor 18:00 het 'n gejuig in Harare losgebars ná die Speaker van die Zimbabwiese parlement Robert Mugabe se bedanking as president van die...

Karkasse in polisie-minibus

18 ure gelede | Misdaad

Tanja Bause 'n Polisievoertuig met stukke gemsbokkarkas, asook 'n vlakvarkkarkas, het Dinsdag omstreeks 02:44 op die Westelike verbypad omgeslaan. 'n Getuie wat kort ná die...

Oorde kry nie eens oulap se rooi

18 ure gelede | Toerisme

Des Erasmus Honderde Namibiërs en selfs Suid-Afrikaners se vakansieplanne is in die gedrang toe vasgestel is dat, ondanks vroeëre aankondigings deur Namibia Wildlife Resorts (NWR),...

Weer, Woensdag 22 November 2017

18 ure gelede | Weer

BINNELAND: Mooiweer en koel tot warm in die verre Suide en Weste. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees. Enkele donderbuie...

Kanse op La Niña verdriedubbel

18 ure gelede | Weer

Elvira HattinghDie kanse is nou drie keer sterker dat 'n swak La Niña-weerverskynsel komende maand sal ontwikkel, terwyl toestande in die tropiese Stille Oseaan reeds...

Meer as miljoen se Mandrax gekonfiskeer

18 ure gelede | Misdaad

Henriette Lamprecht 'n Namibiese vragmotorbestuurder is op Gobabis agter tralies nadat hy by 'n grenspos met meer as 11 000 Mandrax-tablette betrap is. Die 44-jarige...