Voormalige landdros getuig oor korrupsie
Voormalige landdros getuig oor korrupsie

Voormalige landdros getuig oor korrupsie

Twee kriminele klagte staar 'n oudlanddros, wat van haar pos onthef is, in die gesig.
Jacqueline Louw
Jacqueline Louw – Oudlanddros Hileni Kavara (33) het op 17 Maart haar eerste verskyning in die getuiebank in Windhoek se streekhof gemaak.

Kavara word deur die aanklaer-generaal vervolg op ’n klag van dwarsboming van die gereg, of die gebruik van haar posisie vir gratifikasie (’n oortreding van die Teenkorrupsiewet), asook op ’n klag van die gebruik van ’n vals dokument op korrupte wyse - ook ’n misdryf in terme van die Teenkorrupsiewet.

Kavara, wat op 2 Maart verlede jaar in hegtenis geneem is, het Vrydag voor landdros Ileni Velikoshi verskyn wat haar meegedeel het dat haar verhoor na 4 Desember uitgestel is en haar borgtog van N$2 000 tot daardie datum verleng sal word.

Die klagte teen Kavara spruit uit pogings om ’n N$50 000-deposito vir borgtog terug te kry. Dié deposito het sy namens ’n vorige kêrel gemaak om hom uit aanhouding te kry op ’n klag van dwelmhandel. Sy het in haar vriend, Mohammed Shabani, se guns getuig en het ook sy borgtog betaal. Toe Shabani nie vir sy verhoor op 26 November 2015 opdaag nie, moes Kavara die borgtoggeld verbeur.

Sy het na bewering ’n inskrywing op ’n hofrekord gemaak wat Shabani se borgtog heringestel het.

Ná ’n ondersoek deur die aanklaer-generaal is sy geskors.

Ná haar skorsing het Kavara haar tot Facebook gewend en verskeie aantygings teen aanklaer-generaal Martha Imalwa, ander landdroste, aanklaers en die voorsitter van die kommissie op landdroshowe gemaak.

Die kommissie het in Maart verlede jaar ’n interdik teen haar in Windhoek se hoërhof verkry om haar te verhoed om verdere lasterlikhede te publiseer.

Kavara is deur prokureur Jan Wessels verteenwoordig en me. Seredine Jacobs het namens die staat opgetree.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!