Voorkoming is beter as genesing
Voorkoming is beter as genesing

Voorkoming is beter as genesing

Ronelle Rademeyer
Dr. Martin Ferreira, Veearts - Ons word by ons praktyk gedurig deur boere genader wat op soek is na ’n bestuurs-, inentings- en ontwurmingsprogram vir hul skaapboerderye. Dit is egter van groot belang om te onthou dat daar nie ’n standaardprogram bestaan vir parasietbeheer en inentings wat alle boere gaan pas nie. Elke plaas is uniek ten opsigte van sy diere, bestuurstyl, omgewingstoestande en parasietlading.


Produkte
Die bestuurs- en produkkeuse wat die vorige jare gebruik is, speel ook ’n belangrike rol wanneer besluit word watter produkte gedurende 2014 in die voorkomende gesondheidsprogram gebruik gaan word.
Die gebruik van beproefde produkte gedurende die vorige jare wat spesifiek van toepassing was op bepaalde parasiete, sal tot gevolg hê dat daardie plaas se parasietbevolking nie noodwendig so hoog sal wees as op ander plase waar die beleid nie behoorlik toegepas is nie.
Ek het al by verskeie geleenthede gesien dat sekere plase baie probleme ondervind met ’n bepaalde parasietbesmetting en/of virussiekte, terwyl ander plase in dieselfde omgewing nie noodwendig daarmee sukkel nie. Die verskil tussen die plase is nie noodwendig reënvalsyfers of die aantal diere nie, maar die status van immuniteit, parasietlading en spoormineraalaanvullings wat deur die vorige jare se hantering van hierde probleme bepaal word.
So baie keer ondervind ek dat ons nie betyds die nodige entings of parasietbeheer toepas nie of dat die spoormineraalaanvullings weggelaat word omdat die omgewingstoestande in daardie stadium nie geskik was vir die ontstaan van die siekte of parasietbelading nie. Dit gebeur dan soms dat ’n boer twee tot drie weke nadat die seisoen verander het, noodbehandeling moet toepas omdat verliese reeds ingetree het.


Noodbehandeling
Met sulke veranderings is noodbehandelings gewoontlik die enigste uitweg en is daar geen tyd vir voorbereiding van die diere nie.
Daar word dadelik ontwurm, maar die bloednier-inentings het nog nie plaasgevind nie en diere begin vrek binne enkele dae ná die dosering aan bloednier-verwante siektes. Dan word daar ingespring en alle diere word geënt sonder dat daar tyd is om Multimin te spuit of kans te gee dat die spoormineraal-toediening behoorlik opgeneem word.


Spoorminerale
Spoorminerale is van kardinale belang met die ontwikkeling van goeie immuniteit by die diere.
Die meeste parasiete (intern of ekstern) se lewensiklus is baie kort (±3 weke) en hul sal enige geleetheid aangryp om hul lewensiklus te voltooi en sodanig te vermeerder dat die lading op die diere verhoog en daarmee saam ook die siektes wat deur baie van hierdie parasiete gedra word.
Dieselfde geld virusse en bakterieë en dit is dus die rede vir uitbreking van siektes soos bloednier, bloutong en slenkdalkoors. Daarom is dit so belangrik dat ons in gedagte hou ’n gesonde dier het minstens 14 dae nodig om behoorlike weerstand teen ’n siekte op te bou.
Die diere moet dus voorberei word vir sulke vinnig veranderende weerstoestande.
Ek beveel boere altyd aan om by sy plaaslike veerarts uit te vind watter inentings en ontwurmingsprogramme om te gebruik, want hy weet wat op ’n verskeidenheid plase reeds aan die gang is en wat die vorige jaar gebeur het.
In my benadering van hierdie programme hou ek daarvan om dit jaarliks vroegtydig en so volledig moontlik te doen omdat ons nie die natuur en siekteverloop kan beheer nie.
Ek glo voorkoming is beter as genesing, veral as daar met groot troppe diere gewerk word wat baie tyd in beslag neem.
Dus gebeur dit mos ook altyd wanneer ’n krisis ontstaan, almal dieselfde prosedure wil volg en voldoende voorraad nie op hande is nie.
In Maart kyk ons hoe diere vir die uitoefening van die gesondheidsprogram voorberei moet word.
Voorspoed tot dan.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!