Vonke spat by raadsvergadering

Verontagsaming van inperkingsreëls

30 April 2020 | Plaaslik
Jana-Mari Smith - 'n Spesiale vergadering gistermiddag oor die verlenging van die hoof van die stadspolisie, mnr. Abraham Kanime, se kontrak met drie jaar, het in 'n oor-en-weer skeeuery tussen raadslede ontaard toe oor die wettigheid daarvan ingevolge die noodtoestand-regulasies oor byeenkomste van dié aard, geargumenteer is.

Verskeie bronne het gister Kanime se kontrak was die hoofrede waarom die vergadering wat eintlik vir 7 Mei geskeduleer was, na gister vervroeg is. Dit verstryk vandag.

Twee ure nadat die vergadering om 14:00 begin het, is daar steeds agter geslote deure oor die wettigheid daarvan gestry. Joernaliste het aanvanklik die hewige gestryery aanskou, maar is later versoek om die raadsaal te verlaat.

Twee van die raadlede het gisteroggend in die lig van die voorgenome klagte teen die burgemeester van Windhoek, me Fransina Kahungu, en die waarnemende uitvoerende hoof, mnr. Pahkeni Titus, ingedien. Hulle is aangekla van verontagsaming van die verbod op byeenkomste tydens die inperking.

Die raadvergadering van Donderdag 23 April is tot aanvanklik tot 7 Mei uitgestel weens klagtes dat die vergadering nie voldoen het aan die nodige standaarde om die noodtoestand-regulasies op te hef nie.

Nietemin het Titus eergister ‘n kennisgewing aan al die raadslede uitgereik waarin hy gesê die vergadering was “nie volgens prosedure uitgestel nie” en word na 14:00 gister vervroeg.

Gisteroggend het ’n raadslid van die Rally for Democracy (RDP), me. Brunhilde Cornelius, en mnr. Ignatius Semba van die Popular Democratic Movement (PDM) ‘n saak aanhangig gemaak in ‘n poging om die vergadering nietig te verklaar, wat volgens hulle regulasie 5 van die noodtoestand verontagsaam.

“Geen punt op die agenda dui aan enige kritieke probleme sal tydens die vergadering ter tafel gelê word wat die noodtoestand-regulasies sal verontagsaam nie,” het Cornelius gisteroggend gesê, ná sy bevestig het ‘n saak is aanhangig gemaak.

“Hoekom sal julle as leiers en gesagsfigure van die Windhoek se munisipaliteit die regulasies wil oortree terwyl ons in die middel van ‘n krisis is?”

Cornelius sê ‘n raadsvergadering sluit meer as 10 persone in, wat nie net die regulasies aangaande groepsbyeenkomste verontagsaam nie, maar ook die vereistes oor sosiale afstand.

Cornelius het op 23 April ‘n dringende brief aan die uitvoerende hoof van die Windhoekse stadsraad, mnr. Robert Kahimise, geskryf waarin sy versoek het die beplande raadsvergadering van daardie dag moet weens die noodtoestand uitgestel word.

In reaksie daarop het Kahimise op dieselfde dag ‘n memorandum uitgereik om raadslede en stadsamptenare in te lig alle strategiese vergaderings is vir “die res van April en Mei 2020” uitgestel “in ooreenstemming met die nasionale inperkingsregulasies wat afgekondig is weens die Covid-19-pandemie.".

Die memorandum het aangedui dié vergadering sal na 7 Mei geskuif word.

Sommige raadslede het aangevoer die vergadering kan wettig plaasvind aangesien daar “kritieke kwessies is wat bespreek moet word.” – [email protected]

Soortgelyk

 

Vyf damme kry water

3 ure gelede | Omgewing

Teen gistermiddag om 14:50 het die Hardapdam nog sowat 289,3 m³ water per sekonde ingekry, terwyl nog drie ander nasionale damme sedert Maandag ‘n inloop...

Lelies begin Sondag blom

13 ure gelede | Omgewing

Belangstellendes kan Sondag weer die lelieskouspel op die plaas Sandhof naby Maltahöhe bewonder wanneer die blomme na verwagting in die kleipan sal begin blom. Die...

Nóg reën word voorspel

13 ure gelede | Weer

Henriette Lamprecht – Met die weerprofete wat nóg reën voorspel, is dit veral die suidelike en sentrale gedeeltes van Namibië wat juig oor hul reënmeters...

Oranje: Oorstromings ‘haas onafwendbaar’

13 ure gelede |

Ronelle Rademeyer – ’n Volgende vloedgolf is in die Benede-Oranjerivier op pad en oewerboere is volgens berigte in die Suid-Afrikaanse media gewaarsku oorstroming lyk nou...

Weer vir 20 Januarie 2021

13 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Tref voorsorg teen wyd verspreide donderbuie.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm in die Namib en die Zambezi- en Omaheke-streke met enkele buie. Elders bewolk en...

Reën beskadig tente by Havana-projekskool

13 ure gelede | Ministeries

Jeanette Diergaardt – Die Havana Sekondêre Projekskool het gister reënskade gehad nadat reënbuie die aand tevore in die hoofstad uitgesak het. Volgens die onderwysers wat...

Boer oorleef ná windpompstaaf hom deurboor

13 ure gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer – ’n Boer van Gobabis is na bewering Maandagnag op sy plaas deur die stiefseun van een van sy werkers ingewag en toe...

Uitspraak vandag oor omstrede skietvoorval

13 ure gelede | Howe

Augetto Graig – Landdros Taboka Mopipi lewer vanoggend om 08:30 in die hof op Kasane in Botswana uitspraak in die geregtelike nadoodse ondersoek na die...

Toeristegetalle styg in 2021

13 ure gelede | Toerisme

Henriette Lamprecht – Die aantal toeriste wat Namibië verlede jaar besoek het, het met 37,1% teenoor dié van 2020 gestyg. Verlede jaar het 'n totaal...