Von Bach, Daan Viljoen kry water
Die Von Bachdam is nou 2,5% voller as Maandag.
Teen 09:00 vanoggend het 3,4 m³ water die dam elke sekonde binnegevloei.
NamWater het pas ’n verslag uitgreik waarvolgens dié dam 1,176 miljoen kubieke meter (Mm³) sedert Maandag bygekry het.
Die dam staan tans op 36,6%.
Terselfdertyd het die Daan Viljoendam, wat dolleeg was, vanoggend op 3,5% gestaan.
Manuela Van Wyk het gister die foto geneem van water wat na die Von Bachdam op pad was en dit op die Facebookblad, Reën in Namibia gedeel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie