‘Voltooi vanjaar se eksamen’

Leerlinge reeds ontmoedig weens Covid, resessie

03 December 2021 | Ministeries
Henriette Lamprecht

Skryf die vraestelle wat moontlik is vóór die einde van die jaar met nuwe vraestelle in die plek van dié wat uitgelek het, identifiseer leerlinge wat met die uitgelekte vraestelle gekonkel het en gee hulle nul en moenie die graad 11-uitslae publiseer nie.

Dis die kruks van ’n lys van versoeke deur die Assosiasie van Privaatskole in Namibië (APSN) in reaksie op die ministerie van onderwys, kuns en kultuur se besluit om graad 11- en 12-gewone vlak eksamens tot aanstaande jaar uit te stel.

In die versoekskrif wat aan die uitvoerende direkteur, me. Sanet Steenkamp, gerig is, maan die APSN by monde van sy voorsitter, me. Colette Rieckert, “ons kinders is reeds ontmoedig as gevolg van Covid-19 en die ekonomiese resessie” en verdere angs en druk gaan die situasie vererger.

Sou die graad 11’s eers in Januarie 2022 skryf, sal die uitslae moontlik nie eers voor middel-Maart beskikbaar wees nie, wat te min tyd is om aanstaande jaar vir gevorderde vlak voor te berei, sê Rieckert.

Onderwysers wat veronderstel was om in Desember/Januarie 2022 te merk, kan nie volgende jaar vrygestel word vir die merk van alle graad 11-gewone vlak vraestelle nie, omdat baie van dié onderwysers ook dan verantwoordelik is vir die onderrig van graad 10- en -11-leerlinge.

Rieckert sê baie graad 11-leerlinge het die opsommings van vakke waarmee hulle nie voortgaan nie, vernietig.

“Hulle gaan nie die voordeel hê om uit persoonlike opsommings te leer waarin hulle soveel moeite tydens hul skoolloopbaan gesit het nie,” het sy gesê.

Die APSN stel voor die ministerie stel nie ’n lys van toppresteerders of -skole vry of publiseer die graad 11-uitslae nie, maar verskaf dit net aan skole en die leerlinge.

Leerlinge wat die gelekte vraestelle misbruik het, kan volgens Rieckert onder meer geïdentifiseer word deur hul antwoorde met die memorandum en hul prestasiegeskiedenis te vergelyk.

“Identifiseer die betrokke leerlinge en straf hulle deur hulle nul te gee. Moenie dat alle leerlinge al die geraakte vakke herhaal nie. Buiten vir die ongerief, gaan dit ’n reuse-onkoste wees om basies die hele eksamen te herhaal.”

Sou ’n paar studente wat gekonkel het daarmee wegkom en vorder tot op AS-vlak, “gaan hulle in elk geval hul tyd mors, want hulle gaan dit nie kan bemeester nie”.

Tot op hede is dit net die fisika-vraestel van gister wat volgens Rieckert nog nie geskryf is nie.

“Ons kan nuwe papiere sirkuleer – wat ek verstaan die ministerie in voorraad het – vir al die vraestelle wat vanaf volgende week geskryf moes word. Die drukwerk en sirkulasie kan vinnig gedoen word en ons is meer as bereid om hiermee te help. Dit sal beteken die graad 11’s kan hul eksamens voltooi.”

Rieckert sê ’n nuwe datum vir fisika kan selfs in die volgende week of twee vir die nuwe vraestel gegee word, met enige verdere skade aan die 2022-skooljaar wat sodoende vermy word.

Sy erken die uitlek van die vraestelle is “groot skade tot ons leerplan en die reputasie van die ministerie”.

“Ons moet nou saamwerk en -beplan om die skade te beperk wat aangerig is tot voordeel van die meerderheid van ons graad 11’s wat so hard in die eksamen gewerk het om na graad 12 te vorder,” sê sy.

“Die ministerie moet op sy beurt verseker veiligheidsmaatreëls word verskerp om die integriteit van eksamens te beskerm en te verhoed dat so iets in die toekoms gebeur,” het Rieckert gesê. – [email protected]

Soortgelyk

 

Trusted Travel System geld vanaf Saterdag

1 uur gelede | Toerisme

Die Trusted Travel System vir die koördinering en verifiëring van Covid-19-uitslae in lande deel van die Afrika Unie (AU) geld vanaf Saterdag (15 Januarie) in...

Huidige Covid-19-regulasies bly in plek

2 ure gelede | Gesondheid

President Hage Geingob sê die huidige Covid-19-regulasies wat die afgelope maand in plek was, geld steeds tot 15 Februarie. Dit is die volgende: 'n maksimum...

Byna 20 000 nuwe gevalle die afgelope maand

2 ure gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, sê 19 846 nuwe Covid-19-gevalle is die afgelope maand in die land aangeteken. Hiervan was...

Inentingskoers bly laag

2 ure gelede | Gesondheid

President Hage Geingob sê huiwering om teen Covid-19 ingeënt te word, duur voort. Volgens die staatshoof het Zambezi die laagste koers en wel 6%, terwyl...

‘Reëngolwe wink’

12 ure gelede | Weer

Henriette Lamprecht – Baie swaar reën, met etlike reëngolwe wat in die tweede helfte van vandeesweek en tot volgende week uitgebreid na Namibië op pad...

Lisensie of nie, staatsvoertuie ry

12 ure gelede | Polisie

Adam Hartman op Swakopmund – Verkeersbeamptes in alle streke voer steeds ’n vroeër opdrag vanuit hul hoogste gesag uit om nie verkeerskaartjies aan regeringsvoertuie met...

FNB deel van geding om Fishrot-geld

12 ure gelede | Howe

Ogone Tlhage – First National Bank Namibia het bykomende dokumente by die hoërhof in Windhoek ingedien en hom daardeur by die grootste korrupsiesaak in die...

Weer vir 13 Januarie

12 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm oor die westelike helfte van die binneland, andersins gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met 'n...

Lande omseil Interpol as Namibië uitlewerings soek

12 ure gelede | Polisie

Kenya Kambowe op Rundu – Terwyl die Namibiese polisiehoof, lt.genl. Sebastian Ndeitunga, die Internasionale Kriminele Polisie-organisasie (Interpol) as behulpsaam beskou, vertel ’n plaaslike polisieondersoekbeampte ’n...