Voëls op SAOG-seëls

21 October 2004 | Politiek en nasionale nuus
WêRELDPOSDAG is vanjaar op besondere wyse in Suider-Afrika herdenk toe die eerste gesamentlike seëlreeks vir die Suider-Afrikaanse Posadministrasie (Sapoa) op 9 Oktober bekendgestel is.
Dit is die eerste sodanige seël-reeks in Afrika omdat agt van die 13 lidlande van die Sui-der-Afri-kaanse Ontwikkelings-gemeenskap (SAOG) aan die projek deelgeneem het. Die nasionale voël van elk van die lande verskyn op die eerstedagkoevert en die minivel.
Die Afrika-visarend is die nasio-nale voël van Namibië, Zambië en Zimbabwe, die streep-stertloerie is Malawi se nasionale voël, die bloukuifloerie is Swaziland s\'n, die bosluisvoël is Botswana s\'n, die blou kraanvoël Suid-Afrika s\'n en die swerfvalk is Angola se nasionale voël.
Die reeks bestaan uit \'n minivel en eerstedagkoevert wat deur elke land individueel uitgereik is, met die land se eie naam en geldeenheid op.
Hierdie geskiedkundige reeks is deur die Namibiese kunstenaar, Anja Denker, ontwerp. Dit is ook die eerste keer in filateliegeskiedenis dat \'n Namibiese kunstenaar \'n seël vir \'n ander land ontwerp het. Me. Denker is na Botswana genooi om \'n kursus in seëlontwerp vir kunstenaars van dié land aan te bied. Die besondere seëlreeks is by poskantore landwyd beskik-baar met 10 000 minivelle en 2 500 eerstedagkoeverte wat vir Namibië gedruk is.

Soortgelyk

 

Polisie konfiskeer kerk se luidsprekers in Oshakati

1 dag gelede | Plaaslik

Die polisie het luidsprekers wat aan die New Jerusalem Ministry in Oshakati se informele nedersetting Oneshila behoort, vandeesweek ná klagtes van rusverstoring gekonfiskeer.Volgens inspekteur Thomas...

Olifante beskadig optiese kabels naby Khorixas

1 dag gelede | Plaaslik

‘n Trop olifante het inwoners in die Noorde van die land sonder landlyn- en selfoonverbinding gelaat, nadat die optiese kabel tussen Omatjete en Khorixas Donderdagmiddag...

Skietklub lê weer aan

1 dag gelede | Howe

Denver Kisting - Mnr. Norman Tjombe, die regsverteenwoordiger van die Rehoboth-skietklub, het vanoggend (Vrydag) bevestig sake is terug na normaal.Dít kom nadat die Namibiese weermag...

'Boere se veglus verdwyn'

1 dag gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer en Elvira Hattingh - Twee bekende boere van die Suide sê die droogte het boere op hul knieë.“Ek was gister by ’n veiling...

Egpaar herontdek skaars plantjie

1 dag gelede | Omgewing

Denver Kisting – ’n Dekaan by die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust), dr. Rolf Becker, en sy vrou, me. Alma Moller, het verlede...

Kalender 18 Januarie

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) bied met trots Unam se beeldende kunste-uitstalling vir 2018 aan. Dié uitstalling is tans...

'DRK maak staat op ons'

1 dag gelede | Politiek

Inwoners van die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) maak staat op lande deel van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) om die land weer op die...

Operasie Hornkranz: Meer misdaad aangemeld

1 dag gelede | Misdaad

Augetto Graig Die Namibiese polisie het Woensdag by die Israel Patrick Iyambo-polisiekollege in Olympia terugvoering gegee aan die visepresident, mnr. Nangolo Mbumba, en die...

Weer vir 18 Januarie

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en warm tot baie warm in die //Kharasstreek, andersins gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met 'n paar tot geïsoleerde donderbuie in...