Volkswagen sny Lamborghini dalk los

16 October 2019 | Sakenuus
Saamgestel deur William Horne – Die Italiaanse motorvervaardiger Lamborghini gaan moontlik volgende jaar afsonderlik van sy moedermaatskappy, Volkswagen, noteer as deel van ’n grootskaalse herstrukturering.

Herbert Diess, uitvoerende hoof van die Volkswagen-groep, is al sedert hy 18 maande gelede aangestel is, gretig om die maatskappy se verskeie handelsname te herorganiseer en meer gefokus te maak.

Deel van die plan is om Lamborghini meer onafhanklik te maak, wat moontlik ’n aparte notering insluit.

Volgens onberispelike bronne wat met Bloomberg gesels het, maar nie genoem wil word nie, sluit van die moontlikhede ook in dat Lamborghini verkoop sal word.

Dit is omdat Diess die kern van die groep, naamlik Volkswagen, Audi en Porsche, wil voorkeur gee.

Volkswagen self het egter aan Reuters gesê enige besluit oor Lamborghini is nog ver in die toekoms, maar dat geen aparte notering of verkope op die kaarte is nie.

Dit kom nadat die maatskappy in 2017 $4,3 miljard se boetes vir die uitlaatgasskandaal moes opdok, en talle bestuurslui al aangekla en gevonnis is vir onder meer bedrog en markmanipulasie.

Diess self is ook op 24 September aangekla van markmanipulasie in Duitsland.

Volkswagen se aandeelprys het sedert die skandale vier jaar gelede aan die lig gekom het, nou al sowat 36% van sy waarde verloor.

Diess is besig om bates en hulpbronne te verskuif na afdelings wat die produktiefste is om die maatskappy se winsgewendheid te help verseker.– Netwerk24

Soortgelyk

 

Valskerm-ongeluk eis Chinese vrou

5 ure gelede | Ongelukke

'n Valskerm-ongeluk het die lewe van 'n Chinese vrou, me. Ran Lei (33), Sondagmiddag geëis. Volgens die Namibiese polisie se weeklikse misdaadverslag het die voorval...

Frankfurt-vlugte het hervat

6 ure gelede | Vervoer

Air Namibia se vlugte na en vanaf Frankfurt in Duitsland het hervat.Die Airbus A330-200 is ná die vlerkskade tydens ‘n ligte botsing Saterdagaand by die...

Beserker slaan 2-jarige nefie na bewering met graaf dood

6 ure gelede | Misdaad

‘n Tweejarige seuntjie is vroeg Saterdagoggend dood toe sy 50-jarige oom hom na bewering met ‘n graaf aangeval het, terwyl ‘n driejarige meisie wat hy...

Man vas oor 'diamantsmokkelary'

7 ure gelede | Misdaad

'n Nambiese man is Vrydag in verband met diamantsmokkelary op die grenspos tussen Suid-Afrika en Namibië by Oranjemund in hegtenis geneem.Volgens die Namibiese polisie se...

Laat koppe rol - Jooste, SPYL

23 ure gelede | Politiek

Catherine Sasman - Stemme uit die regerende party dring toenemend aan dat diegene wat beskuldig word van korrupsie onder sy geledere verwyder word.Nadat die beleërde...

Gertze skiet glo vrou

23 ure gelede | Misdaad

Henriette Lamprecht – Die uitvoerende hoof van die Namibiese Kwalifikasieowerheid (NQA) het die naweek agter tralies deurgebring nadat hy na bewering sy vrou Saterdag in...

Namibiërs betoog oor korrupsie

23 ure gelede | Plaaslik

Tanja Bause - Meer as 200 mense van alle rasse en ouderdomme het Vrydag deelgeneem aan ’n teenkorrupsie-optog in Windhoek wat deur aktiviste gereël is....

VERKIESINGS 2019: PRESIDENSIËLE KANDIDATE

23 ure gelede | Politiek

McHenry VenaaniPopular Democratic Movement (PDM)McHenry Venaani is die leier van die amptelike opposisie en het in 2014 as mees suksesvolle opposisiekandidat 44 271 stemme (sowat...

Weer vir 18 November

23 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met 'n paar donderbuie oor die verre Noordooste, andersins gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm. Winderige...