Volksmoordvergoeding oorheers parlement

Muinjangue vra Angela Merkel se hulp

28 September 2021 | Regering
Augetto Graig – Die omstrede ooreenkoms van bykans N$19 miljard tussen Namibië en Duitsland as reparasie vir die volksmoord van 1904-'08, het verlede week die parlement oorheers.

Verwikkelinge het keer op keer gedreig om behoorlik vlam te vat, met 'n vroeë kookpunt Dinsdag toe honderde betogers, insluitend tradisionele en opposisieleiers, letterlik oor geslote hekke gespring en die Tintenpalast se trappe bestorm het.

Die adjunk-Speaker, me. Loide Kasingo, het die klagskrif in ontvangs geneem, waarna die Speaker, prof. Peter Katjavivi, die klagskrif na 'n staande komitee verwys het.

Die minister van binnelandse sake, ­immigrasie, veiligheid en sekuriteit, mnr. Frans Kapofi, het die mosie ingedien om die volksmoordkwessie amptelik te bespreek.

Volgens hom het baie van die oorlewendes uit die land gevlug, en van hul afstammelinge is steeds in die buiteland.

Sy toespraak is gevolg deur ondersteunende opmerkings van die minister van hoër onderwys, tegnologie en vernuwing, dr. Itah Kandjii-Murangi.

Die leier van die Popular Democratic Movement (PDM), mnr. McHenry Venaani, en die leier van die Landless People's Movement (LPM), mnr. Bernadus Swartbooi, wat albei aan die optog deelgeneem het, wou by haar weet hoe betrokke afstammelinge in die buiteland deur die ooreenkoms met Duitsland sal baat.

Die adjunkminister van gesondheid en maatskaplike dienste en Nudo-president, me. Esther Muinjangue, het gesê: “Ons volksmoord is nie anders as die Holocaust nie, en dit behoort nie anders hanteer te word nie.”

Volgens haar word onderhandelinge met dieselfde Duitse regering oor dieselfde kwessies vereis.

Met geskiedkundige bewyse het sy uiteengesit hoe die Duitse Bundes­tag hul regering opdrag gegee het om die verhouding met Namibië te versterk, en tot 500 miljoen euro sedert Namibië se onafhanklikwording daarvoor begroot het.

Sy sê die Namibiese parlement se eenparige 2006-resolusie het op 'n drieparty-onderhandeling tussen Duitsland, Namibië en die betrokke gemeenskappe besluit.

“Die Namibiese span het hiervan afgewyk. Vir ons gaan dit oor volksmoord. 'Vergoeding' word nie eens in die dokument genoem nie.

“Daar staan van die bevel, maar dit sê nie dit was 'n uitwissingsbevel nie. Duitsland het die internasionale wet van daardie tyd oortree.

“Hierdie gesamentlike verklaring is nutteloos. Die ooreenkoms is leeg,” sê sy.

“Al teken albei regerings dit (die ooreenkoms), sal dit nie die kwessie opklaar nie.”

Sy noem die aanbod van 1,1 miljard euro oor 30 jaar 'n grap – gelykstaande aan net 0,3% van Namibië se jaarlikse begroting.

“Die Duitse regering is soos 'n verkragter wat self regeerder is, en as hy homself skuldig bevind, self op sy straf besluit,” sê sy.

“Ons is ook mense, net soos die Jode. Die enigste verskil – ons is swart en die Jode is wit.”

Muinjangue doen 'n beroep dat die proses gestaak en met alle partye van voor af onderhandel word.

Sy doen ook 'n beroep op die Duitse kanselier, Angela Merkel, om nog voor haar komende aftrede, soos kanselier Konrad Adenauer in 1952 gedoen het, die Bundestag toe te spreek om die uitkoms van die onderhandelinge te red.

- [email protected]

Soortgelyk

 

Vroeë Kersgeskenk vir die Kankervereniging

7 ure gelede | Kuns en vermaak

Die Kollege van die Kunste (Cota) bied eerskomende Sondag (5 Desember) die Christmas Memories-konsert ten bate van die Kankervereniging van Namibië (CAN) aan. Jürgen Kriess,...

Vrou toets positief vir Omicron in Tseggiese Republiek ná...

8 ure gelede | Gesondheid

'n Finale ontleding by 'n hospitaal in die stad Liberec in die Tseggiese Republiek het getoon 'n 60-jarige vrou wat teruggekeer het van 'n reis...

Vrou toets positief vir Omicron in Tseggiese Republiek ná...

8 ure gelede | Gesondheid

'n Finale ontleding by 'n hospitaal in die stad Liberec in die Tseggiese Republiek het getoon 'n 60-jarige vrou wat teruggekeer het van 'n reis...

Shifeta: Regering in gesprek oor reisverbod

9 ure gelede | Toerisme

Die Namibiese regering gaan voort om deur middel van diplomatieke kanale met die relevante owerhede in Brittanje, Verenigde Arabiese Emirate, die Europese Unie en sy...

Nasionale Raad hervat sy sitting

9 ure gelede | Regering

Die Nasionale Raad het vanoggend (Maandag) sy sitting hervat, onder meer om die nuwe Wysigingswetsontwerp op Bewilliging te bespreek.Dit is vroeër deur die Nasionale Vergadering...

Veldbrand ‘buite beheer’

23 ure gelede | Ongelukke

Nadat Republikein vanmiddag ondersoek by die veldbrande in die omgewing van Midgard gaan instel het, het mnr. Cornè Kruger intussen laat weet die vuur was...

Wêreld se optrede ‘oneerbiedig, agterbaks, diskriminerend’

23 ure gelede | Gesondheid

Die uitvoerende voorsitter van Ohlthaver & List, Sven Thieme, sê Brittanje, die Europese Unie, Amerika en ander lande se reisverbod op vlugte uit Suider-Afrika is...

G7-lande se gesondheidsministers vergader vandag

23 ure gelede | Internasionaal

Gesondheidsministers van die wêreld se rykste sewe demokrasieë sal Maandag vergader om die nuwe variant van die coronavirus, Omicron, te bespreek.Reuters berig die dringende G7-vergadering,...

Geen sterftes, sewe nuwe gevalle

23 ure gelede | Gesondheid

Die Covid-sterftes bly op 3 573, terwyl sewe nuwe gevalle gister aangeteken is. Dit is 'n positiewe koers van 0,6% en sluit 'n student in....