Volksmoorduitstalling veroorsaak onmin
Volksmoorduitstalling veroorsaak onmin

Volksmoorduitstalling veroorsaak onmin

Jemima Beukes
Jemima Beukes - Die bekendstelling van ’n Ovaherero- en Nama-volksmoorduitstalling getiteld “Learning from the past” is vir ‘n tweede keer uitgestel te midde van bewerings van dié twee gemeenskappe dat hul geskiedenis verdraai word.

Die mobiele uitstalling, wat ‘n handboek oor volksmoord vir Namibiese skole insluit, sou aanvanklik op 17 Februarie bekend gestel word. Die uitstalling is tot 24 Februarie uitgestel, voor dit Maandag wéér onbepaald uitgestel is.

Die uitstalling word deur die Museumvereniging van Namibië (MAN) aangebied, en sal na verwagting in al veertien streke van die land uitgestal word.

“Die nuwe datum sal binnekort aan die publiek bekend gemaak word,” het die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, Sondag gesê.

Die Nama- Tradisionele Leiersvereniging (NTLA) en die Ovaherero- tradisionele owerheid (OTA) het gesê die regering het hulle nie oor hul onderskeie gemeenskappe se geskiedenis geraadpleeg nie.

Hulle beskou dit as ‘n skending van hul regte en dring op die onmiddellike hersiening van die uitstalling en die handboek aan.

In ‘n verklaring wat verlede week uitgereik is, sê hulle hulle bestempel die regering se houding as “oneerbiedig” en beskuldig die regering dat hulle wetend- of onwetend by dié groepe se nastrewe vir volksmoord-skadevergoeding teen die Duitse regering inmeng.

Volgens Nandi-Ndaitwah is dit betreurenswaardig dat die NTLA en OTA die uitstalling veroordeel voor hulle dit gesien het.

Sy sê MAN het hul bes gedoen om ‘n professionele uitstalling te bied en om eenparigheid te kry dat die inhoud die perspektiewe van al die geraakte partye weerspieël.

Nandi Ndaitwah sê die regering wou die uitstalling gebruik om ‘n gesprek in Namibië te begin en sy het die belangrikheid van ‘n wedersydse begrip oor die verlede, en die impak wat die volksmoord op die hede het, beklemtoon.

“Daar is besluit om ’n uitstalling te hou aangesien Namibiërs oningelig is oor die volksmoord, en sommiges wat selfs ontken dat dit ooit gebeur het. Ons as Namibiërs moet ingelig wees oor die verlede, en daaruit leer. Die uitstalling is op ‘n Namibiese gehoor gerig, sodat hulle die bewyse van die volksmoord met hul eie oë kan sien. Dit moet ook jong Namibiërs aanmoedig om op te staan teen vooroordele en diskriminasie in ons land,” het Nandi-Ndaitwah gesê.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas | Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!