Vol ambulans bots teen bees
Drie staatspasiënte is vanoggend lig beseer toe ‘n ambulans van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste ‘n bees op die hoofpad tussen Otavi en Otjiwarongo getref het.
Volgens die woordvoerder van die polisie in die Otjozondjupastreek, insp. Maureen Mbeha, het die ongeluk omstreeks 05:50 sowat 13 km noord van Otjiwarongo plaasgevind.
Die drie pasiënte – tussen 15 en 60 jaar – is van die Otavi-distrik. Hulle was op pad na die staatshospitaal op Otjiwarongo.
Die bestuurder van die ambulans en ‘n verpleegster wat na die pasiënte omgesien het, het ongedeërd daarvan afgekom. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie