Voertuie rol glo in mislukte rooftog
Tanja Bause - Twee voertuie, waarin Suid-Afrikaners op reis was, het Vrydagmiddag op die A1-hoofweg naby Brakwater omgeslaan in wat deur 'n ooggetuie as 'n mislukte rooftog beskryf is.
Volgens die ooggetuie, wat die voorval by Public Against Crime (PAC) aangemeld het, was die twee voertuie op pad na Okahandja toe ’n silwerkleurige sedan met 'n Walvisbaai-nommerplaat hulle van die pad af probeer druk het. Die ooggetuie het ook mense langs die pad sien staan met klippe in hul hande.
“Die mense staan langs die pad en gooi toeriste se voertuie met klippe. Die bestuurders skrik gewoonlik en trek af. Die sedan stop dan by hulle en beroof die mense. In dié geval het die bestuurders nie gestop nie en die sedan het hulle gejaag en van die pad af probeer druk,” het mnr. Sean Naude van PAC gesê.
Volgens die ooggetuie het die bestuurders van die bakkies beheer oor hul voertuie verloor en beide voertuie het omgeslaan. Die een het teen 'n helling afgerol. Een passasier is uit die voertuig geslinger en met ernstige beserings in die hospitaal opgeneem. Die beseerde bestuurder is ook na die hospitaal geneem.
Die ander voertuig het ook omgeslaan, maar het op die pad tot stilstand gekom en die bestuurder is nie beseer nie.
Die radiostasie Kanaal 7 het op sy Facebook-blad berig mense met inligting wat kan help om die vermeende booswigte in die silwerkleurige sedan op te spoor, kan ene sers. Alweendo by 081 467 4368 kontak. Hy wou nie inligting oor die voorval bekend maak nie.
Intussen kon hoofinsp. Kauna Shikwambi, nasionale polisiewoordvoerder, gister by navraag geen besonderhede oor die gebeure verstryk nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie