Voedselsekuriteit wu00eareldwyd onder druk
Voedselsekuriteit wu00eareldwyd onder druk

Voedselsekuriteit wêreldwyd onder druk

821 miljoen mense ondervoed
Kobus Laubscher
Dr. Kobus Laubscher



Die Voedsel- en Landbou-organisasie (FAO) se jongste verslag oor die toestand van hongersnood wêreldwyd is nie goeie nuus nie.

Die aantal mense wat ondervoed is, het vir die derde jaar in 'n ry toegeneem. In 2017 word die getal op 821 miljoen geraam teenoor die 804 miljoen die jaar vantevore.

Gegewe die 2030 Millenniumdoelwitte beteken dit dat die mensdom globaal vergelyk kan word met die vlakke van 'n dekade gelede sover dit voeding betref toe 10,9% van die wêreld se bevolking ondervoed was.

Hoewel die ­algemene siening (verkeerdelik) is dat droogte en/of rampe soos vloede en wat daarmee saamgaan, die hoofoorsake is van die verslegtende situasie ten opsigte van voedselsekuriteit, is daar al hoe meer voorbeelde van die impak van politieke konflik en oorloë.

Voedselonsekerheid het veral versleg in Suid-Amerika en in groot dele van Afrika. Trouens, Afrika het die hoogste voorkoms van voedselonsekerheid wat die lewe van meer as 256 miljoen mense, of 21% van die bevolking, ontwrig.

Tensy daar daadwerklik ingegryp word, lyk die doelwit om honger teen 2030 uitgewis te hê, onbereikbaar.

Die goeie nuus is dat groeistremming onder kinders betekenisvol verminder het en daar is ook goeie nuus oor die aantal moeders wat hul babas tot ouderdom ses maande borsvoed. Laasgenoemde is veral verblydend omdat dit bydra tot die ontwikkeling van kinders in die eerste 1 000 dae van hulle lewe.

Die FAO wys ­vervolgens ook daarop dat die teendeel ewe waar is, naamlik dat indien belangrike ingrype nie in daardie 1 000 dae plaasvind nie, onomkeerbare ­stremming op die ontwikkeling van hierdie kinders geplaas word.

Voldoende voedsel het egter twee kante, naamlik die bevordering van normale ontwikkeling by kinders, versus die teenpool van toenemende vetsugtigheid. Dit is veral onder kinders jonger as 5 jaar waar vetsugtigheid kommerwekkend is, maar die toename in vetsugtigheid onder volwassenes is 'n nóg groter bron van kommer.

In 'n ander verslag oor die ontwikkeling van eetgewoontes wys die FAO op die ­toenemende inname van ­ongesonde kos in die vorm van kitskos.

Een uit elke agt volwassenes is oorgewig – dit is meer as 672 miljoen of 13,2% van die wêreld se bevolking.

Die ironie is dat vetsugtigheid en hongersnood dikwels in dieselfde lande teenwoordig is – die sogenaamde dubbele slag van ondervoeding.

Saam daarmee is die gevaar van gebrekkige of onvoldoende tekorte aan vitamiene en minerale in diëte, of die sogenaamde onsigbare hongersnood, 'n kwelling.

Ystertekorte is weer die hoofrede vir bloedarmoede onder vroue in hulle produktiewe jare met gevolglike skade ten opsigte van hulle nageslagte.

Daar is uiteraard 'n legio faktore wat aanleiding gee tot hongersnood en ondervoeding, waarvan die beskikbaarheid van veilige, voedsame kos die belangrikste is.

Droogtes staan uit en dit beklemtoon die rol wat veral regerings kan speel om seker te maak dat daar genoeg voedsame kos op die spreekwoordelike tafels is.

In die Suider-Afrikaanse konteks is ons bevoorreg om voldoende hoeveelhede veilige stapelvoedsel te hê. Hierdie voedsel voldoen aan internasionale standaarde.

Voedselsekuriteit gaan egter oor meer as net genoeg veilige kos. Dié kos moet bekostigbaar wees en hieroor bestaan daar kommer.

Die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid (BFAP) aan die Universiteit van Pretoria wys daarop dat niemand in Suider-Afrika honger hoef te ly nie. Daar is genoeg kos, maar almal kan dit nie bekostig nie.

Daarenteen is daar ernstige kommer oor eetversteurings soos vetsugtigheid en gepaardgaande gesondheidrisiko's. Die FAO waarsku ook dat indien daar nie baie vinnig en daarwerklik ingegryp word nie, die aantal oorgewig mense binnekort meer kan wees as die ondervoedes.

Die toename in veral die verbruik van kitskos word as primêre oorsaak uitgewys.

Die lesse uit hierdie situasie vra veral drie verbintenisse.

Eerstens is daar die volgehoue verbintenis vanuit produsentegeledere om nooit toe te gee as dit kom by veilige kos nie, maar ook om van verbruikers te kan verwag om sulke kos met die nodige agting te hanteer.

In die derde plek moet regerings beleide daarstel wat institusionele komplementariteit kan waarborg, met die klem op die vermindering van onnodige transaksie kostes.

Veilige voedsel moet bekostigbaar gehou word.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.72 | EUR to NAD 20.38 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.11 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.86 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 390.13/OZ UP +0.43% | Copper US$ 4.49/lb UP +1.59% | Zinc US$ 2 867.90/T UP 1.63% | Brent Crude Oil US$ 87.63/BBP UP +0.53% | Platinum US$ 929.57/OZ DOWN -0.0071 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.72 | EUR to NAD 20.38 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.11 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.86 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 390.13/OZ UP +0.43% | Copper US$ 4.49/lb UP +1.59% | Zinc US$ 2 867.90/T UP 1.63% | Brent Crude Oil US$ 87.63/BBP UP +0.53% | Platinum US$ 929.57/OZ DOWN -0.0071