Voedselbank ‘slegs vir kwesbaarstes’

Spesiale gevalle wel oorweeg

14 May 2019 | Ministeries
Die ministerie van armoede-uitwissing en maatskaplike welsyn gaan voortaan net voedselpakkies aan begunstigdes in die Khomasstreek uitdeel wat op die Scope-stelsel geregistreer is.

Die ministerie het die voedselbank in Junie 2016 in Windhoek in die Khomasstreek van stapel gestuur.

Tydens die implementeringsproses het die ministerie gesê mense wat uiters weerloos en behoeftig is, kom vir die voedselpakkies in aanmerking.

Die Scope-stelsel is ook in werking gestel as ’n manier om die voedselbank se doeltreffendheid te verseker en te bevorder.

Die stelsel is in die Khomasstreek in werking gestel, waar al sewe kiesafdelings, in ooreenstemming met die vasgestelde vereistes, gedek word.

Dít het volgens ’n verklaring deur die ministerie daartoe gelei dat die aantal begunstigdes verminder is.

Die vereistes en die Scope-stelsel is intussen verfyn ná verskeie vergaderings met rolspelers en gemeenskappe waar die voedselbank geïmplementeer is.

Volgens die verklaring sal die nuwe vereistes die ministerie in staat stel om hul mandaat vir die verskaffing van voedsel aan die kwesbaarste Namibiërs uit te voer.

Die nuwe vereistes is ontwikkel om slegs die kwesbaarste huishoudings te identifiseer.

Huishoudings wat kwalifiseer, sluit dié in waar lede Namibiese burgers is en in besit van ’n nasionale identiteitsdokument is.

Voorts geld dit vir huishoudings met geen permanente of gevestigde, volhoubare inkomste nie, of waar nie een van die lede van die huishouding begunstigdes van enige pensioen- of maatskaplike toelae is nie.

Die ministerie kan wel oorweging skenk aan spesiale gevalle en omstandighede soos pensioenarisse met groot families in hul huishouding, middeljariges met afhanklikes, en middeljarige werklose inwoners wat permanente of chroniese medikasie, soos antiretrovirale medikasie, gebruik en afhanklikes het.

Die ministerie erken in die verklaring dié aankondiging kan veroorsaak dat sommige mense as begunstigdes uitgesluit word.

In die lig hiervan sal inwoners steeds die geleentheid gegun word om hul saak by hul betrokke straatkomitees vir verdere oorweging te stel.

Die ministerie het beklemtoon die nuwe vereistes is nodig om die volhoubare bestaan van die voedselbank te verseker.

Hy het gesê voedselpakkies moet slegs vir die welsyn van begunstigdes en hul families gebruik word.

Soortgelyk

 

Operasie Kalahariwoestyn hervat

6th of August 15:56 | Polisie

Die omstrede teenmisdaadoperasie Kalahariwoestyn hervat eerskomende Maandag.Die nasionale polisiewoordvoerder, adj.komm. Edwin Kanguatjivi, het Dinsdagmiddag in Windhoek gesê die veldtog en sy voorganger, Hornkrantz, help om...

Chasing your dream

15 ure gelede | Mense

Ester Kamati Aina Johannes completed her matric at Windhoek High School in 2015 and is currently pursuing her studies in marketing management at the International...

Kinderverkragter: ‘Ek is skuldig’

15 ure gelede | Howe

Francoise Steynberg - Die 50-jarige Jeremia van Wyk het gister skuldig gepleit op die verkragting en ontvoering van ’n vyfjarige meisie. Pas nadat Van Wyk gisteroggend van...

/Khomani wil verskeie Khomas-plase onteien

15 ure gelede | Politiek

Catherine Sasman - Die /Khomani-gemeenskap eis nie net die onteiening van plekke soos Dordabis, Aub en Omitara omdat dit aan hul voorvaders behoort het nie,...

Windhoekers kniediep in die skuld

15 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die Windhoekse stadsraad (CoW) het gister by monde van sy woordvoerder, mnr. Harold Akwenye, bevestig hul debiteure skuld hulle bykans N$900 miljoen...

Weer vir 6 Augustus 2019

15 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die Noordooste. Elders sal dit sonnig en baie warm wees, maar matig tot warm in die Suide. Dit...

Maltas Club reaches out

15 ure gelede | Onderwys

Ester KamatiIn conjunction with First National Bank (FNB) Namibia, the University Centre for Studies in Namibia (Tucsin) and Dinapama Manufacturing and Supplies, the Maltas Club...

Making science easier

15 ure gelede | Onderwys

Justicia Shipena B2Gold Namibia, in collaboration with the education ministry, officially launched the flagship Little Shop of Physics (LSOP) teacher programme on 2 August...

Embracing differences

15 ure gelede |

Justicia Shipena As a way of bringing together and uniting the different cultural groups within the International University of Management (IUM) community,...