Voedselbank raak digitaal
Voedselbank raak digitaal

Voedselbank raak digitaal

’n VN-kaart en biometriese inligtingstelsel gaan plaaslik geïmplementeer word.
Augetto Graig
Augetto Graig - Die bekendstelling van die voedselbank se nuwe Scope-inligtingbestuurstelsel is Woensdag amptelik by die sokkerveld agter die Katutura-jeugsentrum gevier.

Scope behels 'n elektroniese kaart met biometriese identifikasiebesonderhede op, waarmee begunstigdes voortaan kospakkies kan afhaal.

Dit vind in vennootskap met die Verenigde Nasies se Wêreld- Voedselprogram (WFP) plaas.

Scope is 'n webgebaseerde toep wat deur die WFP gebruik word om begunstigdes te registreer, ingryping te skeduleer, verspreiding te beplan, asook om verslae oor verspreiding op te stel.

Wêreldwyd is tot 60 miljoen mense reeds op die WFP se Scope-stelsel geregistreer.

Dié stelsel kos Namibië sowat US$300 000, waartoe die WFP 60% bydra, en die regering 40%.

Dít volgens me. Esther Lusepani, permanente sekretaris van armoede-uitwissing en maatskaplike welsyn.

Sy het gesê sowat US$170 000 (byna N$3 miljoen) word aan die nodige toerusting bestee.

Volgens haar is ’n jaarkontrak met die WFP onderteken, waarvolgens die stelsel geïmplementeer sal word en beamptes opgelei sal word.

Daarná sal die WFP verdere ondersteuning verskaf, het sy gesê.

“Sedert sy ontstaan is die voedselbankprogram deur middel van 'n papiergebaseerde handgeskrewe stelsel vir die registrasie van begunstigdes en voedselverspreiding bestuur.

“Dit het baie ongerief ten opsigte van registrasie, verspreiding, voorraadbeheer, verslagdoening en aanspreeklikheid veroorsaak,” het die minister van armoede-uitwissing en maatskaplike welsyn, biskop Zephania Kameeta, by die geleentheid gesê.

Die nuwe stelsel word reeds in die Katutura-Oos-kiesafdeling gebruik, waar begunstigdes hul kaarte en duime sedert Oktober gebruik om kospakkies te ontvang.

Die stelsel sal ook nou in die Moses Garoëb- en John Pandeni-kiesafdelings gebruik word, waarna dit in ander kiesafdelings geïmplementeer sal word, het Kameeta gesê.

Namibië se voedselbank is in 2016 deur die regering gestig om die gebrek aan kos onder armes te verlig.

Daar is tans 1 700 begunstigdes, waarvan die meerderheid in Windhoek is.

Nóg begunstigdes bevind hulself in die Khomas-, ||Kharas-, Hardap-, Kavango-Oos- en Kavango-Wes-streek, het hy gesê.

Volgens hom is die ministerie van plan om gedurende die huidige boekjaar ook die Ohangwena-, Kunene- en Zambezistreek te dek.

Windhoek se burgemeester, mnr. Muesee Kazapua, het by die geleentheid gesê tot 100 000 mense in die hoofstad se nedersettings is in armoede gedompel.

Die armste woonbuurte is in die Tobias Hainyeko- en Moses Garoëb-kiesafdelings, met 10% en 8% van inwoners wat as haweloos beskryf kan word, het die burgemeester gesê.

“Die omstandighede op voetsoolvlak is wanhopig en aaklig,” het Kameeta bygevoeg.

“President Hage Geingob het hierdie ministerie opdrag gegee om honger-armoede eerste aan te spreek,” het hy gesê.

“Die voedselbank is ’n onmiddellike korttermyn-ingryping,” het hy gesê.

Volgens hom werk die ministerie tans aan ’n plan vir die herverdeling van rykdom en armoede-uitwissing, asook aan ’n “geen-honger padkaart” as langtermynoplossing vir die bekamping van armoede.

Alle regeringskantore, ministeries, agentskappe en staatsondernemings sal by die uitvoer van dié plan betrokke wees en daarvoor verantwoordelik wees.

Net deur middel van doeltreffende organisasie kan die voedselbank suksesvol geïmplementeer word, het Kameeta gesê.

Sy ministerie beplan om die Scope-stelsel by alle maatskaplike ondersteuningsprogramme soos pensioen, kindertoelae en toelae vir gestremdes te implementeer, het hy gesê.

“Tegnologie spoor voortdurend volhoubare verandering in Suider-Afrika aan,” het me. Lola Castro, die WFP se streeksdirekteur vir suidelike Afrika, gesê.

Sy het gesê die toepassing van die Scope-stelsel in Namibië kan as voorbeeld vir nasionale maatskaplike beskermingsprogramme wêreldwyd dien.

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.71 | EUR to NAD 20.35 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.05 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.24 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.06 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 325.51/OZ UP +0.40% | Copper US$ 4.52/lb UP +1.97% | Zinc US$ 2 887.40/T UP 2.88% | Brent Crude Oil US$ 88.09/BBP UP +0.10% | Platinum US$ 901.36/OZ DOWN -0.0009 Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.71 | EUR to NAD 20.35 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.05 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.24 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.06 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 325.51/OZ UP +0.40% | Copper US$ 4.52/lb UP +1.97% | Zinc US$ 2 887.40/T UP 2.88% | Brent Crude Oil US$ 88.09/BBP UP +0.10% | Platinum US$ 901.36/OZ DOWN -0.0009