Voedselbank in Kunene broodnodig

17 December 2016 | Gemeenskap
Die spesiale adviseur van die goewerneur van die Kunenestreek, mnr. Katuutire Kaura, sê Namibië se voedselbank moet in dié streek tot stand gebring word. Dit sal daartoe lei dat die duisende lede van die gemeenskap wat sukkel om hulself te voed, ook daarby kan baat.

Kaura het in 'n onderhoud met Nampa gesê die projek wat in Windhoek begin is, moes eerder uit die droogtegeteisterde Kunenestreek bestuur word waar weiding die afgelope sewe jaar feitlik nie bestaan nie.

Volgens Kaura sukkel mense in dié streek om hulself te voed en gaan hulle dikwels met 'n leë maag slaap. Volgens hom leef 70% van die Kunenestreek se inwoners onder die minimum bestaansvlak.

“Ons het mense wat oorleef deur dierevelle te eet net om iets in hul maag te hê. Die ooglopende hongersnood is volgens my die rede waarom die voedselbank eerder hier van stapel gestuur moes word.”

Mnr. Mwahopatji Mbepela, 'n inwoner van Opuwo, het aan Nampa gesê oorlewing is 'n opdraande stryd nadat hy en 'n familielid, mnr. Mwabona Katiti, al hulle vee tydens die droogte verloor het. Hulle het daarna op soek na beter geleenthede na Opuwo verhuis. Me. Angelika Muharukua, goewerneur van die Kunenestreek, het aan Nampa gesê alhoewel die proses aan die gang is, geen vordering met die skep van geriewe vir die beoogde voedselbank in die Kunenestreek tot op hede gemaak is nie.

Die skakelbeampte van die ministerie van ­armoede-uitwissing en maat­skaplike welsyn, mnr. Lot Ndamanomhata, sê die eerste voedselbank vir dié projek sal aan die einde van 'n proeffase beoordeel word om te bepaal of die projek na ander streke uitgebrei kan word. “Geen tydraamwerk is vasgestel nie.”

Die voedselbank is 'n bergplek vir geskenkte en gekoopte kos en ander nie-bederfbare produkte. Die doel is dat elke ­voedselbank lede van die gemeenskap as agente werf om potensiële ­begunstigdes te identifiseer.

Die voedselbank sal aanvanklik geldelike steun by die private en openbare sektor van Namibië moet kry om die volhoubaarheid van die onderskeie armoedeverligting- en voedselbystandsinisiatiewe van plaaslike welsynsorganisasies en die uitbreiding van dienste aan meer kwesbare mense te verbeter. - Nampa

Soortgelyk

 

Handjie vol mense daag op by Afrikadag-vieringe

8 ure gelede | Gebeure

Net sowat 100 mense het by die Katutura Sport- en Jeugkompleks vir die viering van die 54ste Afrikadag opgedaag.Me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, minister van internasionale betrekkinge...

Tienermeisie vermoor glo eks-kêrel se baba

1 dag gelede | Misdaad

Francoise Steynberg - 'n Tienermeisie (16) sal moontlik vanmiddag in die landdroshof op Keetmanshoop verskyn nadat sy daarvan beskuldig word dat sy Dinsdag haar voormalige...

Werkloosheid onder jeug styg drasties

1 dag gelede | Arbeid

Die amptelike werkloosheidsyfer in Namibië staan nou op 34 persent. Dit blyk uit inligting wat vanoggend deur die statistikus-generaal van Namibië, mnr. Alex Shimuafeni, bekend...

Ses leeus in drie weke afgemaai

1 dag gelede | Omgewing

Francoise Steynberg - Die ministerie van die omgewing en toerisme het 'n ondersoek van stapel gestuur nadat die bekende sakeman van die Noorde, mnr. David...

Beeskarkas in minibus

1 dag gelede | Misdaad

Francoise Steynberg - Twee mans het in die landdroshof op Okahandja vir veediefstal verskyn nadat hulle verlede Donderdag met 'n beeskarkas in 'n minibus op...

KIES 2017 SE WENDORP EN WEN N$27 000

1 dag gelede | Gebeure

Tot 17:00 op 2 Junie het elke Namibiër een stem om die wenner van vanjaar se Dorp van die Jaar-kompetisie (NTY2017) aan te wys. Een...

Skedel, beendere by bouperseel gevind

1 dag gelede | Misdaad

Augetto Graig - 'n Skedel en menslike beendere is Dinsdag deur werkers van die Roads Contractor Company (RRC) ontdek toe hulle 'n sloot langs die...

Weer vir 24 Mei

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die Zambezi- en Kavangostreke met 'n paar buie, andersins sonnig en warm tot baie warm. Winderige toestande word...

Ooswind looi kus

1 dag gelede | Weer

Die kus, veral Walvisbaai, word die afgelope paar dae geteister deur sterk ooswinde wat met bloedige temperature (38°C ) en stofstorms gepaardgaan. Sandhope het op...