Voedingstrategie na afloop van 'n droogte
Christo du Plessis, Voedingkundige - Na die afloop van ? droë seisoen of erger nog ? landsdroogte soos wat ons verlede aar ondervind het, is daar altyd ? vraag rakende die lekprogram wat gevolg moet word sodra die eerste reën begin val het. Gewoonlik begin die diere agter die eerste groen gras aanhardloop en word hulle selfs maerder as wat hulle voor die reën was.
Weidingsituasie
As ons kyk na die situasie in die veld, sal ons sien dat daar veral ná ? rampsdroogte weinig bestaande polveld oor is, en dat die weiding gedomineer word deur nuwe ontkieming en natuurlik meer as genoeg onkruidspesies wat floreer. Alhoewel hierdie weiding nie noodwendig op ? jong ouderdom hoef terug te staan wat kwaliteit betref nie, is die kwantiteit ? groter probleem en verg dit relatief baie energie vir die diere om hulle rumens vol plantmateriaal te kry.
Omdat meerjarige polveld gedurende ? rampsdroogte gewoonlik erg beskadig was, is dit belangrik dat dieregetalle gereguleer word om te verhoed dat smaaklike polveld permanent beskadig word en verdwyn. As jy met weidingkundiges gesels, sal hulle met goeie rede ook ekstra klem daarop plaas dat genoegsame rusperiodes tussen beweidingdae gegee moet word vir die polle om genoegsame blaarmateriaal te ontwikkel. Dit is om te verseker optimale fotosintese vind plaas en die pol kry geleentheid om weer reserwes op te bou, omdat dit leeggetrek was met die voortdurende beweiding vir oorlewing in die droogte.
Voeding
Wat hier belangrik is, is om jouself nie heeltemal in ? maagwerk in te skrik wanneer die diere met die eerste groenigheid skielik erger begin lyk as voor die reën nie. Dit is ? heeltemal normale reaksie, waar die rumeninhoud vinnig krimp as gevolg van die hoë proteïenweiding soos jong gras of blaarmateriaal van vreetbare bosspesies soos mopanie, koffiebos, rosyntjiebos en sandgeelhout. Die hoë proteïeninhoud veroorsaak dat die vertering drasties styg en die deurvloeitempo van die rumen verhoog en die uitgerekte rumen raak dan skielik kleiner en vertoon die diere dan ook plat of selfs baie dun.
Wat ook belangrik is, is dat indien jou diere nog nie met elke byt ? ordentlike hap groen gras kan vat nie, dit voordeliger is om op jou bestaande lekprogram te bly waarop jou diere was voordat die eerste reën geval het. Dit is tipies in areas waar dit na die droogte en met die eerste reën net ongeveer 30 mm en minder gereën het en waar die weiding traag is om te reageer.
Indien dit met ? goeie skoot begin reën het, met 40 mm tot 50 mm plus en daar voldoende grondvog is en waar die weiding welig groei, gaan die diere in elk geval skepties na die lekbak kyk en hulle moeilik oortuig word om van die droëveldlekke te vreet.
Hier is dit voordeliger om oor te gaan na jou normale fosfaat-onderhoudsmengsel van Futterfos en Sout. Omdat die diere nog baie gaan rondhardloop, verhoog hulle energiebehoeftes en is die fosfaat tot voordeel omdat dit die energiemetabolisme aanhelp deur die verskaffing van fosformolekules in die ATP (adinosien-tri-fosfaat) na ADP (adinosien-di-fosfaat) energiereaksies.
In die gevalle van rampsdroogtes het dit hoofsaaklik gegaan oor die voorsienning van ruvoer net om die diere aan die lewe te hou en word mineraalaanvulling baie keer agterweë gelaat, veral in gevalle waar gesnyde bosmateriaal ensovoorts gevoer was. Baie van hierdie diere se mineraalstatus is suboptimaal en is dit baie belangrik om hierdie diere se mineraaltekorte op te hef met ? goeie spesifikasie-fosfaatlek wat die nodige mikrominerale soos sink, selenium, kobalt mangaan ensovoorts bevat.
In hierdie gevalle sal ook ten sterkste afgeraai word om slegs makrofosfaatbronne te gebruik wat nie mikrominerale bevat nie. Dit sal ook tot voordeel wees om te kyk na ? fosfaatlek waarvan die fosfaatbron wat gebruik was saamgestel is uit beter biobeskikbare bronne soos monokalsiumfosfaat en/of monoammoniumfosfaat en waarvan die Ca:P-verhouding nader aanmekaar is, vir optimale fosfaatbenutting.
Praktiese bestuursvoorstelle
Gewoonlik na die afloop van ? droogte is goeie kwaliteit aanteeldiere so skaars soos hoendertande en is dit slegs tot eie voordeel wanneer jong, vroulike aanteeldiere goed versorg word. Die dryfveer hiervoor is dat jy nie alleen goeie pryse op die veiling vir hulle kan kry nie, maar hoe beter hulle kondisie, verkieslik 3.5 +, hoe beter is hulle dragtigheidspersentasie wanneer hulle by die bul/ram kom. Wat ook al die keuse van bemarking gaan wees, dit bly tot jou eie voordeel.
Ander opsies is natuurlik ook die aankoop van swaarder speenversies wat op die groen weiding gesit kan word en bietjie later in die jaar bemark word wanneer aanteelvee steeds hoog in aanvraag is.
Tydens hierdie eerste reëns wat val en waar die diere relatief swak is, is dit ook voordelig om seleksie te doen ten opsigte van tipe en grootte sodat groter dominante diere nie jonger diere onderdruk en jy swakker groei op jou jonger diere met beter groeipotensiaal kry nie.
Boere wat diere teruggehou het met die hoop dat hulle die diere direk na afloop van die droogte wanneer dit goed gereën het en veepryse begin styg in die mark te sit, kan gerus met enige tegniese adviseur by Feedmaster gesels oor watter afrondingspraktyk om te volg en saam besluit watter produkte in jou streek, inaggenome die omgewingstoestande in jou omgewing die beste gaan werk.
Omdat baie boere se kontantvloei onder druk was en heel moontlik nog later in die jaar steeds onder druk gaan bly, is dit belangrik om alle aanteel wat jy tot by bemarking kan kry, nie langs die pad te verloor nie. Daarom is jou produksiediere se kondisie met die aanvang van die dekseisoen krities vir optimale herbesetting. Ewe belangrik is die toets van bulle/ramme, want jy wil nie 2-3 maande na die afloop van jou dekseisoen besef een van jou bulle/ramme het nie sy werk gedoen nie. Dit verleng jou moontlike inkomste met ? verdere 4-5 maande wat jou onder onnodige finansiële druk kan plaas.
Afhangende van jou kontantvloeistatus, gaan dit hoofsaaklik bepalend wees van watter bemarkingstrategie jy gaan moet volg, of jy byvoorbeeld al jou vroulike speendiere gaan bemark en of jy hulle bietjie ouer gaan maak, of jy ouer koeie/ooie gaan afrond en bemark of dalk nog 2 kalwers/lammers uit hulle probeer kry terwyl jy onder druk is ensovoorts. Afhangend ook van jou noodverkop, sal jy ook opsies moet oorweeg om weer jou kudde op te bou en diere moet aankoop.
Ter afsluiting
Die domste vraag is die een wat nie gevra was nie. Baie suksesvolle boere het al baie geld gespaar deur raad en advies te vra van medeboere asook kundiges in hulle veld. Dit is altyd ? moeilike tyd ná ’n droogte droogte en ? tyd waar baie keuses gemaak moet word – die regte keuse kan hierdie oorgang net makliker maak. Skakel gerus enige Feedmaster tegniese adviseur vir raad oor afrondingspraktyke en aanvullingsadvies as u onseker is oor u volgende stap. Dit is gratis beskikbaar en net ? telefoonoproep ver.
Alle voorspoed en baie reën word u toegewens.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie