Vodacom-baas van Tanzanië aangekla
Die owerhede in Tanzanië het Vodacom Tanzania se besturende direkteur en ander topbestuurslede van finansiële misdade aangekla.
Hofdokumente toon die Egiptenaar Hisham Hendi en die ander word van georganiseerde misdaad beskuldig wat tot ’n verlies van $2,55 miljoen vir die regering gelei het.
Hulle kon nie pleit of om borgtog aansoek doen nie en is in aanhouding totdat die saak op 17 April voorkom, het ’n hofamptenaar gesê.
Die beskuldigdes het nie gereageer op ’n versoek om kommentaar nadat die klagtes teen hulle gebring is nie.
Vodacom Tanzania is ’n filiaal van Suid-Afrika se Vodacom-groep. Dit is die grootste telekommunikasiemaatskappy in Tanzanië.
Vodacom het vroeër Woensdag gesê die polisie het Hendi en die ander personeellede oor beweerde bedrog met die gebruik van netwerkgeriewe ondervra.
Vodacom Tanzania sê hy werk ten volle saam met die ondersoek.
Hendi is verlede maand as besturende direkteur aangestel nadat hy sedert September 2018 as waarnemende uitvoerende hoof gedien het.
Pres. John Magufuli van Tanzanië het sedert hy in die pos is, belowe om korrupsie in die land sowel as belastingontduiking onder multinasionale maatskappye in dié land se myn- en telekommunikasiebedryf uit te roei.
Die topbestuur van die telekommunikasiegroepe Halotel Tanzanië en Zantel is in Junie van bedrog met die gebruik van netwerkgeriewe aangekla.
Hulle is later vrygelaat nadat ’n boete betaal is. – Reuters/Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie