VN vra vir menseregtemonitors in Soedan
VN vra vir menseregtemonitors in Soedan

VN vra vir menseregtemonitors in Soedan

Soedannese betogers het Maandag weer op die oordrag van gesag aan ’n burgerlike regering aangedring.
Die Soedannese militêre raad wat die land ná ’n burgerlike opstand oorgeneem het en nou die burgerlike betogings met geweld onderdruk, moet menseregtemonitors toelaat, die internetverbinding herstel en die onderdrukking staak.

So sê Michelle Bachelet, die Verenigde Nasies (VN) se hoëkommissaris vir menseregte, nadat haar kantoor onder meer verslae ontvang het waarvolgens meer as 100 betogers op 3 Junie dood is. Nog baie meer is ook beseer toe die veiligheidsmagte op die vreedsame sitbetoging toegeslaan het.

“Ons het gehoor van beweerde verkragtings en die seksuele aanranding van mans en vroue tydens hierdie aanvalle op die betogers. Daar word ook gesê honderde van die betogers word vermis,” het sy Maandag op die 41ste sitting van die VN se Menseregteraad gesê.

Die betogers het Maandag weer op die oordrag van gesag aan ’n burgerlike regering aangedring. Dit was ná die opstand van die burgerlikes teen die voormalige leier, Omar al-Basjir, dat die weermag by hulle aangesluit het. Daarna het die militêre magte die regering oorgeneem. Die opstand was ook teen die weermag gerig en daar is nou mense in die regeringsraad teen wie die betogers spesifiek aanvanklik betoog het.

DREUNSING

Die betogers het Maandag “Burgerlik! Burgerlik!” gedreunsing toe daar met knuppels onder hulle ingevlieg is. Onderhandelinge tussen die burgerlikes en die militêre raad is intussen gestaak.

Die organisasie Human Rights Watch (HRW) het ’n beroep op die militêre raad gedoen om die geweld teen die betogers, veral op 3 Junie, te ondersoek.

“Daar het verskriklike beeldmateriaal bekend geword van tente wat brand met mense binne-in, traangas wat gegooi word en skote wat geskiet word,” sê Laila Matar van HRW.

Die weermag sê ’n aanslag op misdadigers naby die betogers het na hulle toe oorgespoel en weermagpersoneel word daaroor aangehou. Die raad sê hulle is steeds van plan om die mag aan burgerlikes te oorhandig.

Die Soedannese Professionele Vereniging, die grootste burgerlike protesgroep in Soedan, het Maandag op ’n nuuskonferensie gesê die militêre raad is “stelselmatig besig om die vooruitgang van die revolusie te ondermyn deur die vernietiging van vryheid van spraak en deur betogers gewelddadig te pak”.

Die Vereniging sê hulle gaan voort met betogings en beplan ’n groot protesoptog op 30 Junie.

Abij Ahmed, premier van Ethiopië, asook die Afrika-unie (AU), probeer die situasie bemiddel. Die militêre raad het Saterdag Ahmed se plan verwerp – wat deur die burgerlike koalisie aanvaar is – maar wel in beginsel met die AU se voorstel saamgestem. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.97 | EUR to NAD 20.54 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.05 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.45 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.27 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.05 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 211.28/OZ UP +0.94% | Copper US$ 3.98/lb DOWN -0.0011 | Zinc US$ 2 445.60/T DOWN -0.44% | Brent Crude Oil US$ 86.75/BBP UP +0.42% | Platinum US$ 901.03/OZ UP +0.69% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.97 | EUR to NAD 20.54 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.05 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.45 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.27 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.05 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 211.28/OZ UP +0.94% | Copper US$ 3.98/lb DOWN -0.0011 | Zinc US$ 2 445.60/T DOWN -0.44% | Brent Crude Oil US$ 86.75/BBP UP +0.42% | Platinum US$ 901.03/OZ UP +0.69%