VN skenk teen droogte

N$15 miljoen reeds beskikbaar gemaak

14 June 2019 |
Elvira Hattingh - Die Verenigde Nasies (VN) in Namibië het tot dusver reeds US$1 miljoen (sowat N$15 miljoen) vir die droogtereaksieplan beskikbaar gestel.

Me. Rachel Odede, VN-koördineerder in Namibië, het tydens ‘n ontbyt Woensdag aan die diplomatieke gemeenskap asook internasionale organisasies gesê die VN het reeds saam met die regering geïdentifiseer watter ingrypings om lewens te red voorkeur moet geniet.

“Terselfdertyd het die VN ‘n versoek aan sy Sentrale Noodfonds (CERF) volgens behoeftes gerig, eerder as om die leemtes in die droogtereaksieplan te probeer vul,” het Odede gesê.

Sy sê intussen is die VN ook deurgaans besig met maatreëls om die droogte se impak te verlig en van sy hulpbronne is geherprogrammeer.

Dit sluit in tegniese steun om die regering met onmiddellike ingryping te help om die situasie te beredder.

Sy het verder gesê die Namibiese VN-tak ondersteun die hervorming van die VN-stelsel en het dit op 1 Januarie vanjaar reeds begin toepas.

“Die doel van die hervorming is om die One-UN Development System te versterk sodat die totale stelsel ingespan kan word om die 2030-agenda te bereik en seker te maak niemand word agtergelaat nie,” het Odede gesê.

Sy het gesê die idee is om ‘n “21ste eeuse VN” te skep wat “meer op mense, minder op prosesse, meer op uitslae en minder op burokrasie” fokus.

Die adjunkminister van internasionale betrekkinge en samewerking, me. Christine //Hoebes, het tydens die geleentheid gesê die impak van klimaatsverandering op mense se gesondheid kan reeds gesien word.

Sy het gesê dit is ‘n teken dat lidlande hul pogings moet verskerp om die vrystelling van kweekhuisgasse oor die volgende dekade met 45% te verminder en teen 2050 die punt te bereik waar geen gasse vrygestel word nie.

Sy het die VN vir sy finansiële steun tydens die droogte bedank.

Intussen het die kantoor van die eerste minister reeds ‘n uitnodiging om te tender gepubliseer vir enige entiteite wat daarin belangstel om veevoer te verskaf en af te lewer.

Dit vorm deel van die regering se droogtereaksieplan.

Die tender sal van Julie tot Desember geld en dan moet hormoonvrye, asook voer wat vry is van diereproteïen, in die 14 streke van die land gelewer word.

Sowat 35 000 grasbale asook ’n bykomende 35 000 sakke veevoer word nog benodig.

Die veevoer moet in 50 kg-sakke verskaf word, terwyl die bale 20 kg stuks moet weeg.

Slegs Namibiese maatskappye wat 100% deur Namibiërs besit word, kan tender, óf gesamentlike ondernemings deur sodanige maatskappye.

Die sluitingsdatum om tenders in te dien, is 18 Junie.

Soortgelyk

 

Man vas oor lewende ietermagô

13 ure gelede | Misdaad

'n Man is Donderdag by 'n vulstasie op Okahandja glo met 'n lewende ietermagô in sy besit in hegtenis geneem. Volgens die woordvoerder van...

Polisieman skiet eks glo

15 ure gelede | Misdaad

'n Polisiebeampte sal Maandag in Walvisbaaise landdroshof op klagte van poging tot moord verskyn ná hy gister glo sy eksmeisie met sy dienspistool geskiet het....

Specialising in skin

1 dag gelede | Gesondheid

Dr Elisah Agaba is a consultant dermatologist at the Ongwediva Medipark university teaching hospital.He is also a senior adjunct lecturer of dermatology at the University...

Resessie slag Namibië

1 dag gelede | Ministeries

Jo-Maré Duddy – Net sowat N$25,5 miljard teen bestendige pryse het die afgelope kwartaal deur die Namibiese ekonomie gevloei – die minste in vyf jaar.Syfers...

Getuie sê Dippenaar het gejaag

1 dag gelede | Howe

Erwin Leuschner – Die saak teen die moordbeskuldigde mnr. Jandré Dippenaar is tot volgende jaar uitgestel.Woensdag het die laaste staatsgetuie in die streekhof op Swakopmund...

Wateraanleg staan twee weke stil

1 dag gelede | Regering

Elvira Hattingh – Windhoek kon vir langer as twee weke geen drinkwater uit rioolwater herwin nie – hoofsaaklik omdat daar te veel chemikalieë, vette, olies...

Kalender 20 September

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Die Culture Invasion Festival skop vandag by die sportterrein op Rundu af. Tydens die twee dae lange fees sal verskillende kunstenaars...

Weer vir 20 September 2019

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en baie warm in die sentrale Noorde en Noordooste. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie warm wees.KUS: Bewolk en koel tot...

Jol in Japan

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Lloyd Zandberg Japan is een van daai lande waaroor mense praat. Nie noodwendig die heeltyd nie. Maar in baie gesprekke, veral om die...