Vloedwaarskuwing vir riviere
Vloedwaarskuwing vir riviere

Vloedwaarskuwing vir riviere

Gemeenskappe in vloedgeteisterde gebiede word gewaarsku om die nodige voorsorgmaatreëls te tref.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg – Die Hidrologiese Dienste van Namibië waarsku in hul vloedbulletin teen vloede in die streke Omusati, Oshana, Ohangwena, Kunene, Khomas, Omaheke en ||Kharas.

“Gemeenskappe in die vloedgeteisterde gebiede moet die nodige voorsorgmaatreëls tref,” lui die bulletin wat Woensdag uitgereik is.

“Ons voorspellings vir die huidige reënseisoen vir ’n normale tot bo-normale reënseisoen is korrek. Ongewone swaar reën het in die begin van Januarie in die noordelike, sentrale, noordoostelike, oostelike en suidelike dele van Namibië voorgekom en duur steeds voort. Dit het gelei tot swaar vloede in rivieropvangsgebiede."

Volgens die bulletin dui satellietbeelde op swaar reën oor die noordelik-sentrale, noordoostelike en suidelike dele van die land.

“Riviere in die suidelike en sentrale dele het in vloed in bruisende strome water afgekom wat skade aan eiendomme, paaie en landbou-infrastruktuur aangerig het.”

Volgens die bulletin het droë rivere in die binneland, soos die Visrivier, groot en herhaalde vloede beleef.

Weens swaar reënval en hoë aflope in hul opvangsgebiede het vloede ook in die Khan-, Kuiseb-, Swakop-, Omatako-, Ondekaremba-, Grass- en Rietkuilrivier voorgekom.

Riviere in Windhoek was ook in vloed weens erge donderstorms en skade is aan huise en infrastruktuur aangerig.

CUVELAI

“Die watervlakke van die oostelike Cuvelai iishanas het stadig sedert 6 Januarie begin styg. Vloei is weens swaar reën in die Cuvelai-Etosha-opvangsgebied by sommige Cuvelai iishanas aangemeld, maar nie weens die hoof-efundja wat vanaf Angola kom nie,” lui die bulletin.

Vloei in die riviere Kunene, Okavango en Zambezi is ook geleidelik aan die styg. Die Zambezirivier by Katima Mulilo het gister op 1,79 m gestaan, terwyl dit verlede week op ’n vlak van 1,06 m was. Verlede jaar die ooreenstemmende tyd was die Zambezirivier se vlak op 0,79 m.

Die Kavangorivier se vlak by Rundu was gister op 4,35 m, terwyl dit verlede week op 4,32 m gestaan het. Verlede jaar die ooreenstemmende tyd was die riviervlak hoër op 4,7 m.

Volgens die bulletin word verwag dat vlakke in die laer-Oranjerivier ook sal styg weens die bykomende vrylatings van damme stroomop in Suid-Afrika, asook bykomende vloei van die Visrivier weens die reën en die vrylating van water uit die Nautedam in die Oranjerivier se opvangsgebied.

Die Oranjerivier se vlak by Blouputs was gister 1,09 m teenoor verlede week se 1,48 m en by Sendelingsdrift was die rivier se vlak gister 0,99 m.

“Gemeenskappe moet waaksaam wees vir moontlike vloede en die nodige voorsorgmaatreëls tref,” maan die hidrologiese dienste in die ministerie van landbou, water en grondhervorming.

[email protected].

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.87 | EUR to NAD 20.45 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.95 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.3 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.96 | USD to ZMW 24.77 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 213.91/OZ UP +1.06% | Copper US$ 3.98/lb UP +0.02% | Zinc US$ 2 456.10/T DOWN -0.02% | Brent Crude Oil US$ 87.14/BBP UP +0.87% | Platinum US$ 908.98/OZ UP +1.58% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.87 | EUR to NAD 20.45 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.95 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.3 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.96 | USD to ZMW 24.77 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 213.91/OZ UP +1.06% | Copper US$ 3.98/lb UP +0.02% | Zinc US$ 2 456.10/T DOWN -0.02% | Brent Crude Oil US$ 87.14/BBP UP +0.87% | Platinum US$ 908.98/OZ UP +1.58%