Vloedskade by Guruchab herstel
'n Kontrakteur is tans besig om die strukturele skade te herstel wat aangerig is toe die Guruchabrivier sowat 50 km suid van Keetmanshoop onderweg na Grünau, vroeg in Januarie sy walle oorstroom het. Die vloedwater het oor die brug geloop en dele van die padskouer weggekalwe. Mnr. Rudolph Rittmann, bestuurder van instandhouding by die Paaieowerheid (RA), het vroeër aan Nampa gesê ten minste N$1 miljoen se skade is aangerig. Foto Ronelle Rademeyer
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie