'Vlieu00ebnier wyk van die vlugroete af'
'Vlieu00ebnier wyk van die vlugroete af'

'Vlieënier wyk van die vlugroete af'

Mnr. Lambert Roux se tweede vliegongeluk het op 8 April 2016 sy lewe in die Auasberge by Moltkeblick geëis.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Helikoptervlieënier Lambert Roux (44) het versuim om die visuele metereologiese vlugtoestande na te kom en het op 8 April 2016 in digte mis in die Auasberge by Moltkeblick, suid van Windhoek, vasgevlieg.

Dít is die bevindinge van kapt. Oskar Plichta, hoofondersoekbeampte van die direktoraat van vliegtuigongelukondersoeke in die ministerie van werke en vervoer, in die ongelukverslag wat gister uitgereik is.

Roux het om 05:38 met 'n Robinson R44 Raven II-helikopter met registrasiemerk V5-HFW vanaf die Eros-lughawe opgestyg om wild te gaan vang op die plaas Eulenruhe, naby Dordabis.

Die helikopter is deur mnr. Jannie Swart van Etosha Helicopter Services van Gobabis by die Windhoek Flight Training Centre op Eros gehuur. Hy het Roux die oggend vroeg by Eros-lughawe afgelaai, na die plaas gery en daar tevergeefs vir hom gewag.

“Geen vlugplan is deur die vlieënier ingedien nie en geen weerverslag vir die vlug is deur hom bekom nie. Hy het egter reënerige toestande in sy eerste oproep na lugbeheer van Eros genoem,” lui die verslag.

“Alhoewel die lughawe amptelik nog gesluit was en eers om 06:00 sou oopmaak, het lugbeheer uit hoflikheid op die vlieënier se oproep gereageer en hom geadviseer om die roete na die Internasionale Lughawe Hosea Kutako toe te vlieg.”

Die rede hiervoor was om aankomende lugverkeer vanaf Suid-Afrika uit 'n suidoostelike rigting na Eros te vermy.

“Die vlieënier het by lugbeheer bevestig dat hy die instruksie sal volg en het opgestyg terwyl dit steeds donker was. Hy het vyf myl weg 'n radio-oproep aan Eros se lugbeheer gemaak. Hulle het hom beveel om Hosea Kutako se beheertoring vir verdere vlugleidinginstruksies te kontak, wat hy nie gedoen het nie.”

Volgens die verslag het Roux nie die instruksie gehoorsaam nie en na die bergreeks suid van Windhoek gevlieg waar die weer in die gebied drasties verswak het met beperkte sig.

“Die GPS-vlugdata het gewys dat die vlieënier langs die bergreeks in 'n oostelike rigting gevlieg het.”



GPS-VLUGDATA

Volgens die GPS-vlugdata het die helikopter van spoed en rigting by 16,1 km verander en die vlieënier het verskeie maneuvers uitgevoer waartydens die spoed tussen 4 km en 197 km gewissel het. Die helikopter het die berg teen 'n impakspoed van 197 km/h getref.

Die helikopter het volgens die verslag die vorige dag sy inspeksie gehad en is as lugvaardig gesertifiseer. Roux het meer as 1 700 vlug-ure agter die blad.

“Sy vlieglisensie het op 31 Maart 2015 verval, maar 'n opgedateerde mediese sertifikaat, gedateer 8 Maart 2016, is later op die ongelukstoneel deur Plichta gevind.”

Die verslag het ook bevind die vlieë­nier het nie die radio wat na die radarstelsel kommunikeer, aangeskakel nie.

“Dit is verpligtend om 'n vlug in 'n beheerde lugruim te volg. Dit kon lei tot 'n vroeë waarskuwing dat 'n noodtoestand op hande is wanneer die helikopter van die radarstelsel af verdwyn.”

Volgens die verslag is bykomende faktore tot die ongeluk instrumentweervlugtoestande in die gebied tydens die ongeluk, swak sig voor dagbreek, die vlieënier se instrumentvliegopleiding wat nie voldoende was nie, asook die helikopter wat nie vir sulke vlugtoestande gesertifiseer was nie.

Roux, 'n Suid-Afrikaanse burger, was ook op 25 April 2014 in 'n ongeluk met sy Hughes 300-helikopter met registrasiemerk V5-HBS op sy plaas Cauas-Noord, naby Otjikondo tussen Outjo en Kamanjab. Hy en sy passasier het sonder 'n skrapie uit die helikopter geklim nadat dit heeltemal vernietig is tydens 'n vibrasieprobleem ná landing.



TWEEDE ONGELUK BY MOLTKEBLICK­

In minder as twee weke na Roux neergestort het, het nóg 'n helikopter op 20 April by dié ongelukstoneel by Moltkeblick geval.

Een van die passasiers, mnr. Erastus Tobias (30), het die ongeluk nie oorleef nie en die ander passasiers is beseer.

Die Namibiese helikopter met registrasiemerk V5-HFZ het om 06:03 vanaf die Eros-lughawe opgestyg om te gaan kyk hoe die vorige ongelukstoneel op Moltkeblick opgeruim kan word. Volgens Plichta sal dié ongelukverslag ook binnekort uitgereik word.

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.69 | EUR to NAD 20.35 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.98 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.23 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 18.98 | USD to ZMW 26.35 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 328.80/OZ UP +0.54% | Copper US$ 4.52/lb UP +1.85% | Zinc US$ 2 866.10/T UP 2.12% | Brent Crude Oil US$ 88.02/BBP UP +0.03% | Platinum US$ 904.81/OZ UP +0.30% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.69 | EUR to NAD 20.35 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.98 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.23 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 18.98 | USD to ZMW 26.35 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 328.80/OZ UP +0.54% | Copper US$ 4.52/lb UP +1.85% | Zinc US$ 2 866.10/T UP 2.12% | Brent Crude Oil US$ 88.02/BBP UP +0.03% | Platinum US$ 904.81/OZ UP +0.30%