Vlieënier sleep Napa hof toe

Vereniging vir laster gedagvaar

17 October 2019 | Howe
Catherine Sasman – Die hoof van opleiding by Air Namibia, kapt. Hossein Ashrafi, dagvaar die Namibiese Vereniging vir Vlieëniers (Napa) vir N$250 000 plus 20% se rente per jaar vir beweerde naamskending.

Die voormalige president van Napa, mnr. Manuel Prenzlow, en vier uitvoerende hoofde is respondente in dié saak.

In die uiteensetting van sy eis in hofdokumente wat by die hoërhof ingedien is, voer Ashrafi, ‘n Kanadese burger, aan Napa het doelbewus “verkeerdelik, onregmatig en sonder redelike of voldoende gronde” lasterlike bewerings oor hom gemaak het.

Op 28 September 2018 het Prenzlow in sy hoedanigheid as Napa-president ‘n brief aan adv. Mandi Samson, toe waarnemende besturende direkteur van Air Namibia, gerig waarin hy beweer Ashrafi het by meer as een geleentheid gedreig hy sou “’n vliegtuig saam met hom neem” sou die lugredery hom afdank.

Geen bewyse

Kajuit- en sommige stuurkajuitpersoneel was glo deeglik bewus van Ashrafi se beweerde uitlatings, lui Prenzlow se brief.

Samson het dieselfde dag nog ‘n ondersoek na die vermeende veiligheidskwessie gelas en Ashrafi is nie toegelaat om te vlieg nie. Op 29 Oktober, ná die ondersoek geen konkrete bewyse opgelewer het nie, kon hy weer begin vlieg.

Volgens Ashrafi kan Prenzlow se aannames daarop dui hy is ‘n “anargis, terroris en ‘n gevaar vir die publiek”, voer hy in die hofstukke aan.

Dit beteken hy is ongeskik as vlieënier.

Naas die lasterlike aard van Napa se bewerings, sê Ashrafi sy verlies aan inkomste terwyl hy nie toegelaat is om te vlieg nie, was N$164 524,40.

Hy dring onder meer daarop aan dat Napa sy uitlatings op sosialemediaplatforms terugtrek.

[email protected]

Soortgelyk

 

Geen brandstof-tekort in Namibië verwag

28th of May 09:20 | Energie

Ronelle Rademeyer - Anders as in Suid-Afrika waar ’n tekort aan diesel tans beleef word, is Namibië se brandstofvoorraadvlakke nie onder druk nie.So sê mnr....

Geval nr. 22 se toestand kritiek

9 ure gelede | Gesondheid

Ronelle Rademeyer - Teen laat gister was daar geen opflikkering in die gesondheidstoestand van die 63-jarige Walvisbaaier wat in die intensiewesorgeenheid van ’n private hospitaal...

Skuldriller

9 ure gelede | Regering

Jo-Maré Duddy – Die omvang van die Covid-19-pandemie het die ekonomie finaal verpletter en gaan die land vanjaar met ‘n algehele begrotingstekort van bykans N$21,4...

AR steun Ipinge se ingrype

9 ure gelede | Politiek

Denver Kisting en Augetto Graig - Mnr. Job Amupanda van die Regstellende Herposisioneringsbeweging (AR) dring aan dat die raadslid vir die Walvisbaai stedelike kiesafdeling, mnr....

AR steun Ipinge se ingrype

9 ure gelede | Politiek

Denver Kisting, en Augetto Graig – Mnr. Job Amupanda van die Regstellende Herposisioneringsbeweging (AR) dring aan dat die raadslid vir die Walvisbaai- stedelike kiesafdeling, mnr....

Weer, Donderdag 28 Mei 2020

9 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en matig in die Suide, elders sonnig en matig tot warm. KUS: Gedeeltelik bewolk en matig met miskolle op plekke. GETYE BY WALVISBAAI:...

8 vas oor renosterstropery

9 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg - Agt vermeende renosterstropers en -horingsmokkelaars is oor twee dae vasgetrek.Volgens die hoof van die Blue Rhino-taakspan, komm. Barry de Klerk, is twee...

2019-’20-reënseisoen verbeter op rampjaar

9 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh - Die Namibië meteorologiese dienste sê tydens die afgelope reënseisoen het die meeste streke normaal tot ondernormale reëns aangeteken, alhoewel reën in April...

Swapo betaal partytjieboete

9 ure gelede | Regering

Denver Kisting - Die uitvoerende direkteur van Swapo, mnr. Austin Samupwa, is verlede week met N$2 000 beboet weens die regerende party se 60ste verjaardagpartytjie...