Vliegtuig val weens verlies aan enjinkrag

'n Ongeluksverslag is uitgereik ná 'n Cessna-vliegtuig verlede jaar langs 'n begraafplaas in die hoofstad geval het.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - 'n Suid-Afrikaanse vlieënier is in Oktober verlede jaar ernstig beseer toe hy 'n minuut ná hy by die Eros-lughawe opgestyg het, langs die begraafplaas in Pionierspark in Windhoek 'n onsuksesvolle nood­landing uitgevoer het.

Die moontlike oorsaak van die ongeluk is volgens die ongeluksverslag van die direktoraat van vliegtuigongelukondersoeke in die ministerie van werke en vervoer 'n verlies aan enjinkrag weens die brandstof­mengsel wat nie korrek deur die vlieë­nier vir die hoogte bo seevlak gestel is nie.

Volgens die verslag is 'n bydraende faktor tot die ongeluk die jong vlieë­nier, mnr. Wesley Thompson (26), se gebrek aan ervaring.

Hoewel die vlieënier met 'n geldige Suid-Afrikaanse kommersiële vlieglisensie altesaam 529,1 vliegure agter die blad het, het hy net 37,6 vliegure op 'n Cessna-vliegtuig - wat in die ongeluk betrokke was.

Thompson se vlieglisensie en mediese sertifikaat was geldig en hy het 'n werkvisum van die ministerie van binnelandse sake en immigra­sie op 18 Julie 2016 gekry wat tot 17 Oktober 2016 geldig was.

Volgens die visum mag hy net vir Scenic Air, wat huurvlugte met die vliegtuig onderneem, werk. Die eienaar van die vliegtuig is O+H Aviation.

Adj.dir. Theo Shilongo was die hoofondersoekbeampte van die ongeluk wat op 15 Oktober 2016 gebeur het.

Die Cessna 210N-vliegtuig met ­registrasiemerk V5-JAG het op dié dag omstreeks 13:36 by Eros-­lughawe opgestyg om na die Internasionale Lughawe Hosea Kutako te vlieg. Daar moes hy vier passasiers oplaai wat na 'n lodge by Sossusvlei moes vlieg.

“Die vlieënier het aangevoer dat hy voor hy opgestyg het alles nagegaan het en geen abnormaliteite waargeneem het nie. Hy het die opstygkrag na 2 950 rewolusies per minuut gestel en dit na 2 850 rewolusies per minuut verminder, asook die brandstofvloei van 138 pond per uur na 128 pond per uur,” lui die verslag.

“Net nadat Thompson opgestyg het, het hy gehoor dat die enjin abnormaal klink en hy het opgemerk dat die brandstofvloei na 80 pond per uur geval het. Omdat daar nie meer aanloopbaan oor was nie, het hy die krag om te klim probeer handhaaf,” lui die verslag.

“Die vlieënier het probeer om die volle krag, asook die brandstofmengsel te verhoog en die beheertoring versoek om na die vliegveld terug te keer. Hy het drie keer 'May Day' geroep.”

Net nadat Thompson opgestyg het, het hy 'n verlies aan enjinkrag gerapporteer en sowat 'n minuut later, omstreeks 13:37, wes van die begraafplaas, 'n noodlanding probeer maak. Die vlieënier is ernstig beseer en die vliegtuig erg beskadig.

“Daar was ook skade aan die heining waarteen die vliegtuig vasgevlieg het voordat dit 'n boom getref het,” lui die verslag.

Volgens die verslag was dit ten tyde van die ongeluk mooiweer met geen beperkte sigbaarheid nie. Die vliegtuig se sertifikaat van lugwaardigheid en registrasie was ook geldig.

“Die enjintoetse wat uitgevoer is, het geen bewys van abnormaliteite getoon nie, en die enjinparte wat vir verdere toetse gestuur is, het geen defekte getoon nie,” lui die verslag.

Die laaste verpligte inspeksie wat op die vliegtuig uitgevoer is voor die ongeluk, was op 4 Oktober 2016 by die Eros-lughawe.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!