Vliegtuie laat waai tussen Jhb en Kaap

05 April 2019 | Sakenuus
Die vlugroete tussen Johannesburg en Kaapstad is een van die tien besigste binnelandse roetes wêreldwyd.

Dít blyk uit die verslag van die maatskappy OAG wat lugdienste en lughawens se inligting ontleed. Die maatskappy het sy verslag vir 2019 bekend gemaak oor die wêreld se besigste vlugroetes.

Daar is jaarliks 33 708 vlugte tussen Johannesburg en Kaapstad, lui die verslag. Dit is die 10de besigste binnelandse roete op ’n lys van 20 roetes in 13 verskillende lande op elke vasteland behalwe Europa, berig Businesstech.

Die besigste binnelandse roete is van die Jeju-eiland in Suid-Korea na die hoofstad, Seoul. Sewe lugdienste sorg vir meer as 200 vlugte per dag.

In Afrika is die derde besigste roete tussen Johannesburg en Kaapstad met 22 357 vlugte per jaar deur vyf lugdienste.

Die besigste internasionale roete is van Kuala Lumpur in Maleisië na Singapoer met meer as 30 000 vlugte per jaar deur agt lugdienste. Dit is gemiddeld 82 vlugte per dag, berig Traveller24.

Daar is daagliks meer as 100 000 vlugte wêreldwyd.

Sewe van die toptien- besigste langafstandroetes eindig in Amerika. Die besigste roete is tussen New York (JFK) en San Francisco (SFO) en kort op sy hakke is die roete tussen New York (JFK) en Londen se Heathrow-lughawe. – Netwerk24

Soortgelyk

 

NSFAF sluit ooreenkoms met Bank Windhoek

4 ure gelede | Onderwys

Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) en Bank Windhoek het vandag ʼn ooreenkoms aangegaan vir ʼn nuwe stelsel waardeur geld aan kwalifiserende studente gestuur...

Chinees Dinsdag in hof ná werker se skietdood

4 ure gelede | Misdaad

Die man wat gister na bewering deur sy Chinese werknemer in die Andara-nedersetting doodgeskiet is, is as mnr. Andreas Hausiku (32) geïdentifiseer.Hausiku was ‘n inwoner...

Twintig jaar tronkstraf vir verkragter

4 ure gelede | Howe

‘n 34-jarige man van Otjiwarongo is gister 20 jaar tronkstraf opgelê nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting van ‘n minderjarige. Die dogter was...

Taking charge

16 ure gelede | Mense

Mariselle Stofberg Anthea van Heerden decided to take a leap of faith to start her own company in Windhoek.She is the managing director and...

Moontlike deurbraak

16 ure gelede | Misdaad

Denver KistingDie man wat gisteroggend weens Maandag se bloedbad op Arandis aangekeer is, het glo vir etlike ure geweier om met die polisie saam te...

Só staan sake in die Namibiese huis

16 ure gelede | Regering

Denver KistingPres. Hage Geingob het gistermiddag gesê sy boodskap van “welvaart vir almal” moenie verkeerd verstaan word nie.Volgens hom was die bedoeling nooit om oordaad...

Kabajani blossoms at GIPF

16 ure gelede | Mense

Michelline Nawatises Annette Likeleli Kabajani is a holder of a bachelor’s degree from the University of Namibia (Unam). She has also attained several management and...

Baking a name for herself!

16 ure gelede | Mense

Ester Kamati At the age of 28, Alma Tangi Nakanduungileh is climbing the entrepreneurial ladder and adding sweetness to her clients’ lives. A qualified...

A passion to unlock potential

16 ure gelede | Mense

Ester KamatiJustina Mulokoshi is a chartered accountant (CA) at PwC who has big dreams and is constantly on the lookout for new ways to improve...