Vliegfabriek weer op lys vir skoon tegnologie
Dit is die derde opeenvolgende jaar dat AgriProtein die Global Cleantech 100 lys haal.
Francois Williams – AgriProtein, die Kaapse maatskappy wat vlieglarwes benut om kosafval tot insekproteïen te verwerk, is een van net twee maatskappye uit Afrika wat vanjaar die Global Cleantech 100 lys gehaal het.
Dit is ’n lys van 100 maatskappye wat die beste geposisioneer is om skoontegnologie-uitdagings van die toekoms op te los.
AgriProtein verwerk die insekproteïen tot dierevoer vir vis en pluimvee.
Dit is die derde opeenvolgende jaar dat AgriProtein die Global Cleantech 100 lys haal. Hy was ook een van die Amerikaanse nuustydskrif Time se Genius Companies van 2018.
Hy het met sowat 13 900 maatskappye van 93 lande meegeding vir ’n plek op die Cleantech 100 lys.
Beverley Schäfer, Wes-Kaapse minister van ekonomiese geleenthede, sê die onderneming het ’n lang verhouding met die Wes-Kaapse regering en sy vennoot-agentskappe soos GreenCape en Wesgro.
GreenCape help al sedert 2015 vir AgriProtein. Aanvanklik het GreenCape gehelp om ’n sakeplan te ontwikkel en het AgriProtein gehelp om kontak te maak met markte vir dierevoer in Noorweë.
GreenCape het plaaslik gehelp om AgriProtein toegang te gee tot verskaffers van organiese afval, en sedert 2015 is meer as 3 000 ton organiese afval na AgriProtein gestuur om te verwerk.
AgriProtein is in 2008 deur die broers Jason en David Drew begin. Hulle het in 2015 hul eerste vlieglarwe-plaas in Phillipi in Kaapstad begin en het sedertdien landswyd uitgebrei en 20 internasionale lisensies toegeken om sy tegnologie te gebruik. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie