Vleispryse: Winkels belowe hulle kul jou nié

Koop meer rooivleis, pleit RPO

05 February 2019 | Landbou
Hanlie Stadler - Winkelgroepe in Suid-Afrika – wat vinnig daarvan beskuldig word dat hulle meer wins in hul sak wil steek – het die afgelope week vure probeer doodslaan oor hul vleispryse nadat Agri SA en die Rooivleisprodusenteorganisasie (RPO) kommer uitgespreek het oor die daling in die prys wat boere vir hul vee verdien.

Die organisasies het gepleit dat Suid-Afrikaners boere help deur meer rooivleis te koop. Omri van Zyl, uitvoerende direkteur van Agri SA, sê: “Ons wil hê die land moet hierdie probleem wegbraai, so kom ons braai!”

Veeboere het weens ’n droogte in groot dele van die land die afgelope ruk baie meer vee slagpale toe geneem en daarby beteken ’n bek-en-klouseer-epidemie wat in Limpopo uitgebreek het dat Suid-Afrika glad nie meer bees- en skaapvleis mag uitvoer nie.



Albei dié faktore beteken meer vleis is op die plaaslike mark beskikbaar, wat die prys van vleis na regte moet afdruk, maar verbruikers kla dat hulle dit nog nie aan hul sak voel nie.

Vleispryse word weekliks onderhandel. Wanneer ’n nuwe prys beskikbaar is of ooreengekom word, kan dit tot drie weke duur voordat die voorraad wat teen daardie pryse aangekoop is, ons winkelrakke haal.

Verbruikers is in so ’n mate onder druk dat hulle nie altyd agterkom as pryse daal nie – daar is net altyd ’n persepsie dat pryse styg, het ’n verteenwoordiger van een winkelgroep wat nie hieroor aangehaal wil word nie, aan Netwerk24 gesê.

Woordvoerders van Woolworths, Pick n Pay en Shoprite het almal aan Netwerk24 gesê daar is wél sekere snitte rooivleis wat nou goedkoper is as ’n jaar gelede of wat baie binnekort goedkoper gaan word.

Woolworths sê daar was die afgelope twee weke beslis ’n daling in bees- en lamsvleispryse wat hulle aankoop.

“Bief en lam het min of geen inflasie beleef nie en in sekere gevalle is sekere snitte op kort termyn selfs goedkoper.”

Die landbou-ekonome Wessel Lemmer van Absa en Christo Joubert van die Nasionale Landboubemarkingsraad het onlangs aan Rapport gesê goedkoper snitte, soos borsstuk en stowevleis, sal eerste goedkoper word.

Shoprite sê mense moet onthou dat slegs ’n baie klein persentasie – nagenoeg 4% van beesvleis en 0,69% van skaapvleis, volgens syfers van die RPO – gewoonlik uitgevoer word. Dit beteken daar is beslis nie weens bek-en-klouseer ’n enorme storting van vleis op die plaaslike markte nie.

Nietemin is vleis in Shoprite nou “marginaal laer as dieselfde tyd verlede jaar”.

Ons pryse vir klante sal altyd die kosprys van die produk weerspieël, waarby die koste van verwerking en om dit in ons winkels te kry, bygevoeg word.

Shoprite verduidelik ook dat die huidige daling in vleispryse op produsente- en groothandelvlak nog moet deursyfer na winkelrakke toe.

“Rooivleispryse, soos ander vars produkte, word deur vraag en aanbod vasgestel. Vleispryse word weekliks onderhandel. Wanneer ’n nuwe prys beskikbaar is of ooreengekom word, kan dit tot drie weke duur voordat die voorraad wat teen daardie pryse aangekoop is, ons winkelrakke haal. Dit duur selfs langer voordat verouderde beesvleissnitte rakke haal.”

Shoprite en Pick n Pay het albei die versekering gegee dat hulle hard met groothandelaars oor pryse onderhandel en dat hulle enige daling in groothandelspryse wél aan verbruikers sal deurgee.



Net 4% van Suid-Afrikaanse beesvleis is uitgevoer tot met die uitbreking van bek-en-klouseer. Foto: Pixabay

“In ons onderhandelinge met verskaffers sal ons altyd die beste waarde vir ons klante soek en ons pryse vir klante sal altyd die kosprys van die produk weerspieël, waarby die koste van verwerking en om dit in ons winkels te kry, bygevoeg word,” sê ’n woordvoerder van Pick n Pay.

’n Woordvoerder van Woolworths sê: “Ons meet ons pryse weekliks teen ons mededingers om te verseker dat ons mededingend geprys is en ons sal voortgaan om aan ons klante die beste waarde te bied.”

Volgens Statistieke Suid-Afrika het boere in Desember 17% minder vir lewende hawe verdien as ’n jaar gelede en 10,6% minder vir melk en eiers. Dit was die tweede maand in ’n ry dat pryse op ’n jaargrondslag gedaal het, volgens SSA se produsenteprysindeks (PPI). Die PPI loop verbruikerspryse vooruit.

Volgens die RPO het speenkalfpryse op ’n jaargrondslag al met 33% gedaal, die produsenteprys vir lamsvleis het met 15% gedaal en vir beesvleis met 11%.

Gerhard Schutte van die RPO het op ’n onlangse nuuskonferensie gesê: “Die produsenteprys vir beesvleis staan op R41/kg en vir skaapvleis op R63/kg. Verbruikers moet by hul slagters seker maak hulle trek voordeel uit hierdie lae pryse.”

Die Nedbank-ekonome Busisiwe Radebe en Dennis Dykes het egter verlede week gewaarsku enige daling in vleispryse kan van korte duur wees omdat boere binnekort weer sal begin om hul kuddes ná die droogte te herbou. Dit sal minder vee by die slagpale en minder vleis in die mark meebring, wat pryse weer sal opdruk. – Netwerk24

Soortgelyk

 

NSFAF sluit ooreenkoms met Bank Windhoek

5 ure gelede | Onderwys

Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) en Bank Windhoek het vandag ʼn ooreenkoms aangegaan vir ʼn nuwe stelsel waardeur geld aan kwalifiserende studente gestuur...

Chinees Dinsdag in hof ná werker se skietdood

5 ure gelede | Misdaad

Die man wat gister na bewering deur sy Chinese werknemer in die Andara-nedersetting doodgeskiet is, is as mnr. Andreas Hausiku (32) geïdentifiseer.Hausiku was ‘n inwoner...

Twintig jaar tronkstraf vir verkragter

6 ure gelede | Howe

‘n 34-jarige man van Otjiwarongo is gister 20 jaar tronkstraf opgelê nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting van ‘n minderjarige. Die dogter was...

Taking charge

17 ure gelede | Mense

Mariselle Stofberg Anthea van Heerden decided to take a leap of faith to start her own company in Windhoek.She is the managing director and...

Moontlike deurbraak

17 ure gelede | Misdaad

Denver KistingDie man wat gisteroggend weens Maandag se bloedbad op Arandis aangekeer is, het glo vir etlike ure geweier om met die polisie saam te...

Só staan sake in die Namibiese huis

17 ure gelede | Regering

Denver KistingPres. Hage Geingob het gistermiddag gesê sy boodskap van “welvaart vir almal” moenie verkeerd verstaan word nie.Volgens hom was die bedoeling nooit om oordaad...

Kabajani blossoms at GIPF

17 ure gelede | Mense

Michelline Nawatises Annette Likeleli Kabajani is a holder of a bachelor’s degree from the University of Namibia (Unam). She has also attained several management and...

Baking a name for herself!

17 ure gelede | Mense

Ester Kamati At the age of 28, Alma Tangi Nakanduungileh is climbing the entrepreneurial ladder and adding sweetness to her clients’ lives. A qualified...

A passion to unlock potential

17 ure gelede | Mense

Ester KamatiJustina Mulokoshi is a chartered accountant (CA) at PwC who has big dreams and is constantly on the lookout for new ways to improve...