Vlamme verwoes seunskoshuis

Tanja Bause
Tanja Bause – Vier kamers van die Katolieke Kerk se seunskoshuis op Bethanie het Dinsdag omstreeks 16:00 afgebrand.

Die koshuis huisves 23 seuns in graad 7 tot 12.

“Ek het by my werk gesit en die dik, swart rookwolk gesien. Toe ek ’n entjie loop, het ek gesien die rook kom van die koshuis af. Ek het onmiddellik soontoe gehardloop. Baie dorpsmense en koshuiskinders was reeds daar. Ons het ’n ry gemaak en emmers water oor die vlamme begin gooi,” het mnr. Johannes Haman, ’n inwoner van Bethanie, gesê.

Volgens hom was die vlamme te warm om in die gebou in te gaan. Inwoners het tevergeefs van buite af probeer om die brand te blus. Die dorp se rioollorrie en 'n man met 'n bakkie is ook ingespan om te help.

“Maar al wat hulle kon doen, was om te verhoed dat die brand na ander geboue versprei,” het Haman gesê.

Die vier koshuiskamers en die seuns se besittings is in die vlamme verwoes.

“Hierdie is baie arm mense se kinders en nou het hulle alles verloor - boeke, klere, alles is weg. Hulle het nie gister skool toe gegaan nie, omdat hulle nie meer skoolklere het nie,” het hy gesê.

Die seuns is leerlinge aan die Gekombineerde Skool Schmelenville op Bethanie.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!