Vlamme verswelg sinkhuise op Henties

Francoise Steynberg
Verslae inwoners van Hentiesbaai het gister toegekyk hoe drie sinkhuise binne minute voor hulle oë in die informele woonbuurt van Omdel afgebrand het. Die brand het omstreeks 13:30 ontstaan, vermoedelik nadat kinders kos warm wou maak en die vlamme hand­uit geruk het. "'n Redelike sterk ooswind het bygedra dat die vlamme nog vinniger versprei," het Barrine Blom gesê. Volgens LifeLink Emergency Rescue Services wat op die toneel hulp verleen het, het 'n vrou ligte bese­rings opgedoen toe sy 'n kind uit 'n sinkhuis wou red. Gelukkig is geen lewens geëis nie. Volgens dié reddingsdienste is die sinkhuise vernietig voor die munisipale brandweerwa op die toneel aangekom het. Foto's Barrine Blom

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!