Vlagtwis vat nuwe vlam

Ontwerper sterf

14 May 2019 | Ministeries
Denver Kisting – Die Namibiese regering is nie seker of wyle mnr. Fred Brownell die land se vlag help ontwerp het nie.

Volgens mnr. Mbeuta Ua-Ndjarakana, uitvoerende direkteur van inligting en kommunikasietegnologie, was Brownell “blykbaar nie betrokke nie”.

Teen gisteroggend het hulle verwoed probeer vasstel of Brownell betrokke was al dan nie, het Ua-Ndjarakana by navraag gesê.

“Daar is ’n geskil daaroor.”

Wat die ministerie wel kon vasstel, is dat Brownell ’n voorlegging vir die wapenskild ingedien het, sê Ua-Ndjarakana.

Hy sê dis onduidelik of die voorlegging die uiteindelike wapenskild geword het.

News24 berig Brownell is die afgelope Vrydag op 79-jarige ouderdom in Pretoria in die buurland oorlede.

Hy was na wat berig word, wel verantwoordelik vir die ontwerp van die Suid-Afrikaanse vlag.

Mnr. Theo Jankowsi, wie se ontwerpvoorstel by die uiteindelike vlag bygewerk is, het gister gesê hy het ’n paar jaar gelede eers van Brownell se beweerde betrokkenheid gehoor.

Sy inligting is dat die hedendaagse vlag bestaan uit sy, mnr. Don Stevenson van Windhoek en me. Crispin Clay van Lüderitz, se ontwerpe.

Dié drie is vantevore vereer vir hul betrokkenheid by die land se vlag.

Republikein het gister ’n brief gesien wat wyle mnr. Hidipo Hamutenya aan Jankowski gerig het om sy bydrae tot die vlag se totstandkoming te erken.

Hamutenya het op 9 Maart 1990 dié brief in sy hoedanigheid as die voorsitter van die subkomitee vir nasionale simbole geskryf.

Volgens dié ontslape politikus het Jankowsi se ontwerp gedien as “inspirasie vir die finale ontwerp van die Namibiese nasionale vlag soos goedgekeur deur die grondwetmakende vergadering op 2 Februarie 1990”.

’n Storm woed tans in die sosiale media oor Brownell se beweerde betrokkenheid by die ontwerp van die Namibiese landsvlag.

Sommige is van mening hy moet die erkenning kry vat hom toekom mits hy wel tot die vlag se ontwerp bygedra het.

Ander meen indien hy nie betrokke was nie, is dit belangrik om die regte feite weer te gee.

Die presidensiële woordvoerder, dr. Alfredo Hengari, het nie gister op navrae oor dié aangeleentheid gereageer nie.

Soortgelyk

 

The world is her stage

22 ure gelede | Mense

Ester Kamati Dancer, MC, entrepreneur, personal assistant and actress.These are the hats that Naledi Kunene, popularly known as Nay-Nay, wears when she is not occupied...

Buchters woedend oor vervoer van mangaan

22 ure gelede | Plaaslik

Catherine Sasman – Die vervoer van ontblote mangaanerts in oop TransNamib-houers in stormsterkwinde oor die naweek het inwoners van Lüderitz in oproer oor die regering...

NDF-plase: ‘Ek soek my kommissie’

22 ure gelede | Plaaslik

Ronelle Rademeyer - ’n Voormalige werkgewer van mnr. Kurt Steinhasuen, die Duitse gasteplaas-eienaar wat in 2017 sy plase Oropoko en Otjisemba aan die Namibiese weermag...

48 gevalle van mensehandel aangeteken

22 ure gelede | Plaaslik

Tot op hede is 48 gevalle van mensehandel landswyd in Namibië aangeteken. Hiervan is 13 gevalle gefinaliseer, 15 word steeds ondersoek en 20 is op...

Weer vir 20 Augustus 2019

22 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en warm, maar baie warm in die Noorde. Winderige toestande sal oor die binneland voorkom.KUS: Gedeeltelik bewolk en matig tot warm. Dit sal...

Bringing growth, innovation

22 ure gelede | Landbou

Justicia Shipena The Deutsche Gesellschaft für Internationale Zusammenarbeit Agricultural Business and Capacity Development (GIZ-ABCD) project, in collaboration with the agriculture and youth ministries, the...

Schoolgirls inspired

22 ure gelede | Tegnologie

Evany van Wyk Woman in Engineering (WomEng) is a non-profit organisation that originated in South Africa. The organisation, which was started in 2006, aims...

Maleisië ontken 'onregverdige optrede' teen Namibiërs

22 ure gelede | Plaaslik

Die Maleisiese departement vir immigrasie ontken beweringe dat twee neefs van die Namibiese hoë kommissaris in daardie land vroeër vandeesmaand onregverdig by die ­Internasionale Lughawe...

Geen Afrika-olifante meer in dieretuine

22 ure gelede | Omgewing

Francoise Steynberg In 'n geskiedkundige ­verkiesing Sondag by die Konvensie vir die Handel in Bedreigde Spesies (Cites) se 18de beraad (COP18) in die Switserse ...