VK stel nuwe minister vir Afrika aan

12 January 2018 | Politiek
Volgens ’n mediaverklaring wat die Britse hoëkommissariaat in Windhoek uitgereik het, is me. Harriett Baldwin LP as minister vir Afrika vir die Buitelandse en Statebondskantoor en Departement vir Internasionale Ontwikkeling aangestel.

Ná haar aanstelling het Baldwin gesê: “Ek voel geëerd oor die aanstelling en sien daarna uit om Brittanje by Afrika-nasies te verteenwoordig om ’n verskeidenheid geleenthede en uitdagings in Afrika aan te pak.

“Die Verenigde Koninkryk het langdurige en belangrike verhoudings en ek sal myself vir ’n nog sterker vennootskap met Afrikanasies beywer, nuwe maniere vind om armoede te bestry, om dreigemente te verminder en om wedersydse voorspoed te bou.

“Agtien Afrikalande is deel van die Statebond. Om te kyk hoe ons aan die ambisies van die volgende geslag kan voldoen, sal dus ’n prioriteit vir die komende Statebondberaad wees. Dit sal werkskepping en ekonomiese groei, wat so belangrik vir ’n moderne Afrika is, insluit.”

Soortgelyk

 

Oudminister Rosalia Nghidinwa sterf

5 ure gelede | Mense

Die voormalige minister van geslagsgelykheid en kinderwelsyn, me. Rosalia Nghidinwa, is Sondagaand omstreeks 23:00 in 'n Windhoekse hopsitaal dood, berig Nampa.Sy is van 'n hospitaal...

Trump ‘n walgwors, sê Nam

15 ure gelede | Plaaslik

Augetto Graig – Namibië het met “walging en besorgheid” kennis geneem van pres. Donald Trump van Amerika se beweerde verwysing na Afrikalande as ‘n “sh*thole”.“Sulke...

Dors dwing Reho om water te 'plant'

15 ure gelede | Regering

Dis elke tweede, derde dag so, talle kere per week. - Hildred van Wyk, inwoner

Weer, Maandag 15 Januarie 2018

15 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en baie warm in die Suide. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees. Enkele donderbuie word in die Noorde...

Dwelmnes op Omaruru oopgekrap

15 ure gelede | Misdaad

Die polisie het Vrydag ‘n 24-jarige man in Obasenstraat op Omaruru in hegtenis geneem nadat hy met ‘n spul dwelms betrap is. In sy besit...

Windhoek móét steeds water bespaar

15 ure gelede | Plaaslik

Jana-Mari Smith - Windhoek se waterowerhede is tevrede met die lae watergebruik tydens die vakansieseisoen, maar vra dat inwoners steeds by die besparingsteiken van...

Mynbou se leeu brul by Karibib

15 ure gelede | Plaaslik

Des Erasmus - Die Erongostreek het nog ‘n groot myn bygekry. Amptelike bevestiging van Desert Lion Incorporated, ook bekend as Desert Lion Energy, se...

Oktober-Desember se reëns vergelyk swak

15 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh – Dit blyk uit plaaslike reënsyfers dat die groter dele van die land tot dusver swakker as gewoonlik reënval tussen Oktober en Desember...

Laaste kans om in te skryf

15 ure gelede | Onderwys

Meer as 100 inskrywings is reeds ontvang in Shoprite Checkers se fotokompetisie vir graad 1-leerlinge wat vanjaar met hul skoolloopbane begin het.Inskrywings sluit vanaand om...