Visvang, kamp en al die lekker dinge in die lewe

08 November 2018 | Rubrieke
Tanja Bause - Dis al weer ek, jou baba.

Ek word nou baie groot, Mamma weet, ek weeg nou al soveel soos drie klein sakkies meel – of só sê hulle. Ek kan nou al alles hoor wat Mamma en die tannies sê en ek voel so ’n bietjie eensaam hier, want ek kry dit steeds nie reg om geluide te maak nie.

So ek skop en skop, maar ek kry die gevoel Mamma verstaan nie die skop so lekker nie.

Nou en dan sal Mamma terugpraat, maar ander kere vryf Mamma net daar waar ek geskop het, en sê vir my: “Raak rustig, my lief, ek lag net lekker.”

Mamma verstaan nie dat ek so graag wil saam praat nie.

So nou moet ek al weer ’n brief skryf.

Ek het groot planne. Ek hoor nou die dag die gesprek wat Mamma met Oupa gevoer het. Julle het oor visvang en kamp gepraat. Ek weet nou al wat ’n hond is.

Soos ek laas verduidelik het, is dit ’n mens se beste vriend. Maar ’n vis? Ek weet Mamma is baie lus vis sushi.

Dit is glo rou vis. Jy kan dit nie nou eet nie, want ek is in jou maag en ek moet sê, ek is nogal bly daaroor. Ek weet nie of ek nou al kans sien vir rou kos nie. Onthou, my magie is nog baie klein en sensitief.

So, vis is iets wat ’n mens rou kan eet en as julle van visvang praat, klink dit vir my die dier moet gevang word.

Oupa klink baie opgewonde, so ek neem aan dit is baie prettig en ek sien uit daarna om dit te probeer. Mens moet mos alles een keer probeer.

Soos ek kan aflei, is die vis in die see, wat glo ’n klomp water is. Baie meer water as waarin ek tans woon. Dalk is ek ’n vis? Nee, kan nie wees nie, want Mamma praat van haar baba, so ek is ’n baba.

Dit klink of daar nie huise is soos die een wat Mamma nou vir my en haar gekry het om in te bly nie.

Oupa het gesê hy sal die tent vir Mamma opslaan en mooi maak. So, as jy ’n tent opslaan, dan noem jy dit kamp? Dit klink baie opwindend. Jy kan jou huis sit net waar jy wil en verander soos jy wil. Lekker in die vars lug wees. Ek is nou sommer baie opgewonde. Ek onthou die een tannie wat gesê het vars lug en son is baie goed vir my en Mamma, so ons gaan lekker en sommer baie gaan kamp.

Daar is ook een ding wat ek weet ek by oupa wil leer, nee eintlik móét leer, en dit is hoe om ’n band te ruil. Ek het die gesprek gevolg en dit is een ding wat elke meisie moet kan doen. So, ek sal leer hoe om die band te ruil sodat ek vir Mamma kan help as Mamma met ’n pap band gestrand is. Ek is immers baie jonger en sterker as Mamma.

Nog ’n ding waarna ek baie uitsien om te leer, is afval kook by Ouma. Ek hoor Mamma hou baie daarvan, en ons het tog al die gesprek oor kookklasse vir Mamma gehad. So, ek dink as Ouma dit vir my kan leer, kan ek dit maak. Ek hoop nie daar is rou vis by betrokke nie.

Sjoe, as ek nou so dink aan wat ek alles wil leer en moet doen, klink dit vir my ek sal ’n vol program hê.

Ek is nou sommer ’n bietjie uitgeput en dink ek gaan nou slaap.

As ek nou vir ’n ruk lank nie vir Mamma skop nie, moenie bekommerd wees nie, want ek is oukei, ek’s net moeg gedink.

Liefde-groete

Soortgelyk

 

NSFAF sluit ooreenkoms met Bank Windhoek

1 dag gelede | Onderwys

Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) en Bank Windhoek het vandag ʼn ooreenkoms aangegaan vir ʼn nuwe stelsel waardeur geld aan kwalifiserende studente gestuur...

Chinees Dinsdag in hof ná werker se skietdood

1 dag gelede | Misdaad

Die man wat gister na bewering deur sy Chinese werknemer in die Andara-nedersetting doodgeskiet is, is as mnr. Andreas Hausiku (32) geïdentifiseer.Hausiku was ‘n inwoner...

Twintig jaar tronkstraf vir verkragter

1 dag gelede | Howe

‘n 34-jarige man van Otjiwarongo is gister 20 jaar tronkstraf opgelê nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting van ‘n minderjarige. Die dogter was...

Taking charge

2 dae gelede | Mense

Mariselle Stofberg Anthea van Heerden decided to take a leap of faith to start her own company in Windhoek.She is the managing director and...

Moontlike deurbraak

2 dae gelede | Misdaad

Denver KistingDie man wat gisteroggend weens Maandag se bloedbad op Arandis aangekeer is, het glo vir etlike ure geweier om met die polisie saam te...

Só staan sake in die Namibiese huis

2 dae gelede | Regering

Denver KistingPres. Hage Geingob het gistermiddag gesê sy boodskap van “welvaart vir almal” moenie verkeerd verstaan word nie.Volgens hom was die bedoeling nooit om oordaad...

Kabajani blossoms at GIPF

2 dae gelede | Mense

Michelline Nawatises Annette Likeleli Kabajani is a holder of a bachelor’s degree from the University of Namibia (Unam). She has also attained several management and...

Baking a name for herself!

2 dae gelede | Mense

Ester Kamati At the age of 28, Alma Tangi Nakanduungileh is climbing the entrepreneurial ladder and adding sweetness to her clients’ lives. A qualified...

A passion to unlock potential

2 dae gelede | Mense

Ester KamatiJustina Mulokoshi is a chartered accountant (CA) at PwC who has big dreams and is constantly on the lookout for new ways to improve...