Visumstempel word nou plakker

Implementering in twee fases

13 May 2019 | Ministeries
Tanja Bause – Die ministerie van binnelandse sake en immigrasie gaan voortaan plakkers as visums en permitte in jou paspoort aanbring, in plaas van die gebruiklike rubberstempel.

Volgens die uitvoerende direkteur van die ministerie, mnr. Etienne Maritz, het die stempels weens bedrog een van die grootste uitdagings van ons tyd geword.

Stempels is glo onbetroubaar en dis maklik om toegang daartoe te verkry, dit te reproduseer en in onwettige praktyke te gebruik.

“Elke jaar kry ons met vervalste stempels te doen, wat lyk soos dié wat die ministerie vir werkspermitte en permanente verblyfpermitte gebruik. Dit is hoekom ons nou visum- en permitplakkers met ingeboude veiligheidseienskappe gaan gebruik,” het Maritz gesê.

Die plakkers kom in vyf verskillende kategorieë en kleure.

Groen plakkers is vir buitelandse burgers aan wie permanente verblyf in Namibië toegestaan is se permanente verblyfpermitte (PRP).

Blou is vir werkspermitte (EP) en tydelike verblyfpermitte (TRP) van buitelandse burgers wat in Namibië werk, asook hul gades en afhanklikes.

Korttermynwerkspermitte aan buitelandse burgers wat vir ’n kort tydperk in Namibië mag werk, word met ’n bruin plakker aangedui.

Buitelandse studente wat opleiding in Namibië ontvang, kry geel plakkers in hul paspoorte om hul studiepermitte (SP) aan te dui.

Rooi is vir toeristevisums, mense wat sakegeleenthede kom ontgin of vergaderings bywoon, of vlugtig deur Namibië beweeg.

“Die implementering van die visum- en permitplakkers sal in twee fases plaasvind. Die eerste fase sluit werkspermitte, tydelike verblyfpermitte, studiepermitte en permanente verblyfpermitte in, wat deur Windhoek se hoofkantoor verwerk word.

“Die tweede fase behels dat die plakkers by diplomatieke sendings in die buiteland vir die uitreiking van visums aan vakansiegangers, toeriste, transitoreisigers en algemene besoekers in werking gestel word,” het Maritz gesê.

“’n Samelopende projek word tans ontwikkel, wat aanlyn aansoeke vir visums en permitte behels om kliënte oral in die wêreld in staat te stel om aansoeke in te dien.”

Soortgelyk

 

Ter plaatse ondersoek na hout-oeste

7th of August 15:29 | Omgewing

Die parlementêre portefeuljekomitee belas met natuurlike hulpbronne het gister besoek aan drie Chinese houtdepots in die Kavango-Oosstreek by Kapupahidi, Taratara en Kawe afgelê. Dít glo...

Kalahariwoestyn keer terug

14 ure gelede | Polisie

Denver Kisting – In ’n poging om soortgelyke tragedies te verhoed soos die een waarin ’n Zimbabwiese taxibestuurder gesterf het, gaan alle beamptes wat aan...

Weer, Woensdag 7 Augustus 2019

14 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en matig in //Kharas, maar warm tot baie warm in die Noorde. Elders sal dit sonnig en warm wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

Tweejarige sterf in ongeluk

14 ure gelede | Ongelukke

’n Tweejarige meisie, Andrea Pawa Jason, het Saterdagoggend in ’n ongeluk sowat 2 km buite Usakos gesterf.Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het die ongeluk...

Nudo, UPM voeg stem by antikuberkraakkoor

14 ure gelede | Politiek

Denver KistingDie president van die National Unity Democratic Organisation (Nudo), me. Esther Muinjangue, sê hulle is nie onder die huidige omstandighede beskikbaar vir die kuberkraaktoets...

renosters by Onguma onthoring

14 ure gelede | In beeld

Om stropery te voorkom het die Onguma-wildreservaat naby die Etosha Nasionale Park onlangs al hul renosters ontho­ring. Volgens die reservaatbestuurder, mnr. Jonathan Strijbis, was die...

Jong beesbeoordelaars beïndruk

14 ure gelede | Gebeure

Elvira HattinghBank Windhoek en Feedmaster span tans saam om 'n nasionale beesbeoordelaarskompetisie en -kursus vir Namibiese jongmense aan te bied.Tot dusver het die organiseerders deelnemers...

Elfjarige glo deur oom (48) verkrag

14 ure gelede | Misdaad

’n Meisie (11) is Vrydag omstreeks 14:00 glo deur haar 48-jarige oom in die Etaneno-nedersetting naby Onankali verkrag.Die verdagte is in hegtenis geneem en sou...

An update for the design icon

14 ure gelede |

Familiarly known as Audi’s design icon, the Audi TT’s third generation takes the stage with a facelifted appearance: sporty and refined exterior design, higher-powered engines...