Visumhekkies val vir beleggers
Visumhekkies val vir beleggers

Visumhekkies val vir beleggers

Pres. Hage Geingob het gister duidelikheid oor NEEEF gegee, terwyl hy ook uitgebrei het oor maatreëls wat ingestel is om sake met Namibië te vergemaklik.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh – As deel van die regering se poging om Namibië se ekonomie te laat herleef, is sekere visumregulasies verander.

Dít om seker te maak buitelanders kry makliker toegang tot sake met die land.

Pres. Hage Geingob het gister tydens die amptelike opening van die Ekonomiese Groeiberaad in Windhoek gesê dit behels byvoorbeeld dat die verkryging van plaaslike verblyfsvisums vir buitelandse afgetredenes vergemaklik is.

“Daar is baie selfonderhoudende bejaardes in oorbevolkte lande wat wil aftree en hulle soek vars lug. Hulle is welkom om in Namibië af te tree, solank hulle nooit ‘n las vir Namibië raak nie,” het die president gesê.

Hy sê in verband hiermee is e-visums of visums wat teen ‘n klein bedrag op grensposte gekoop kan word, ook ingestel, terwyl die proses makliker gemaak is vir hoogs geskooldes of diegene met skaars vaardighede om ‘n werksvisum te kry.

Terselfdertyd is visums aan sakelui vir veelvoudige toegang tot Namibië nou vir ten minste vyf jaar lank geldig.

Maatreëls is ook ingestel vir die uitreiking van verblyfsvisums aan mense wat plaaslik groot kapitale beleggings in Namibië wil maak.

STRUIKELBLOKKE

Die president het gesê Namibië se ekonomie is die afgelope twee jaar deur “ongekende winde van voor gekonfronteer” en dat die verwagting is dat die beraad ‘n ekonomiese herlewing sal bring, wat deur die private sektor gelei sal word.

Geingob sê die hoëvlakpaneel vir die ekonomie (HLPE) wat hy in Maart aangestel het, het sleutel beleids- en regulatoriese bottelnekke geïdentifiseer wat daartoe bydra dat die ekonomie die pas markeer.

Dit sluit in die Nuwe Wetsontwerp vir Gelyke Ekonomiese Bemagtiging (NEEEF), die Namibië beleggingsbevorderingswet (Nipa), die sentrale verkrygingsraad van Namibië, visum- asook leenwaarderegulasies en plaaslike besparingstoepassings.

Geingob het gesê oor die afgelope dekade het die regering probeer om breë ekonomiese bemagtiging te bewerkstellig, maar het erken die gewenste resultate is nie bereik nie.

NEEEF

Geingob wou duidelikheid oor NEEEF verskaf.

“Die verpligte 25%-aandelebelang deur ‘n voorheen benadeelde Namibiër is verwyder. Tog bly alle pilare van NEEEF staande en sal dit in aanmerking geneem word as ondernemings sake met die regering wil doen of vir lisensies vir die gebruik van natuurlike hulpbronne wil aansoek doen,” het hy gesê.

Hy het bygevoeg die afhandeling van NEEEF geniet voorkeur by die regering en die wetsontwerp sal binne ses maande in die parlement ter tafel gelê word.

Die president sê die finalisering hiervan sal beleidsekerheid bring, wat kapitale uitvloei behoort te verminder en plaaslike asook buitelandse direkte beleggings kan ontsluit.

“Soos ons ‘n nuwe ekonomiese identiteit smee wat ‘n gelyke, ná-onafhanklike Namibië verteenwoordig, moet ek dit duidelik stel: Dit is nie ons bedoeling om weg te neem van dié wat het nie, maar eerder om die Namibiese ekonomie te laat groei sodat meer Namibiërs produktiewe ekonomiese bates kan bestuur en besit.”

Geingob het gesê die beleggingsbevorderingswet word ook eers teruggehou, sodat meer insette van die private sektor gekry kan word en dit reeds teen die einde van die boekjaar in werking kan tree.

Hy sê die regering het ingestem tot ‘n voorstel dat die openbare verkrygingswet hersien en aangepas moet word en sal binne die huidige boekjaar daarmee begin.

Hy het beleggers weer eens verseker Namibië gee gehoor aan die oppergesag van die gereg en die reg op private eiendom word deur die Grondwet gewaarborg.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.62 | EUR to NAD 20.34 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.12 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.97 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 394.96/OZ UP +0.63% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.35% | Zinc US$ 2 869.40/T UP 1.69% | Brent Crude Oil US$ 87.71/BBP UP +0.64% | Platinum US$ 929.97/OZ DOWN -0.0067 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.62 | EUR to NAD 20.34 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.12 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.97 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 394.96/OZ UP +0.63% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.35% | Zinc US$ 2 869.40/T UP 1.69% | Brent Crude Oil US$ 87.71/BBP UP +0.64% | Platinum US$ 929.97/OZ DOWN -0.0067